Die KFM-omroeper en Bravo!-aanbieder en haar kêrel, Avukile Mabomba, wat onlangs as strategiese direkteur vir ’n agentskap begin werk het, hou vir die eerste keer saam vakansie in Noord Amerika, vertel Trace uit New York.

“Ons is vir agt dae in New York en dan gaan ons vir drie dae in Instanboel wees.”

View this post on Instagram

Moving with the Times Snapped by @avukile Caption: Fafizm #Travel #NewYork #TimesSquare #FaNilyInNYC

A post shared by Tracey Lange (@traceylange) on

“Ons is hier om saam met my vriendin, Andrea Stephens en haar man, Carl Stephens, my neef, Andres, se 30ste verjaardag te vier.” 

Haar grootste droom was om haar verjaardag in New York te vier, vertel Tracey.

“Avukile was al twee keer in New York en is mal daaroor, so ons het nie omgegee om dit weer te besoek nie,” sê Tracey. 

View this post on Instagram

United States Capitol #Washington #USA @travuldiary

A post shared by Tracey Lange (@traceylange) on

Hulle het reeds van die groot besienswaardighede gaan besoek, soos die bekende Rockefeller Centre, die Statue of Liberty, Times Square en was ook in die gehoor van die Suid-Afrikaanse gebore komediant Trevor Noah se gewilde Amerikaanse satiriesenuusprogram, The Daily Show. 

’n Paar Broadway-vertonings is volgende op hul doenlysie.

Tracey, wat deesdae ook die geselsprogram Tussen Ons op kykNET & kie aanbied, sê sy en Avukile het al amper 20 lande saam besoek. 

“Ons is albei gemaklike reisigers en saam is dit nog lekkerder,” het sy voorheen aan Huisgenoot vertel.

Daarom het die paartjie ook in 2016 ’n reisblog, Travul Diary, vir die pret begin waar hulle reiswenke en mooi foto’s van hul ervaringe deel.