Die bekende broer en suster Bobby en Karlien van Jaarsveld het die afgelope naweek met hul familie en vriende by die Qabe Private Safaris-wildreservaat in Lephalale in die noorde van Limpopo uitgespan.

View this post on Instagram

#Familie #Jagnaweek #Qabe

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

Bobby en Karlien se ma en agent, Ronel Brink, het kiekies van hul Bosveld-avontuur in die sosiale media gedeel. En van wat ons kan aflei, het die spul hulle gate uit geniet.

"Veilig tuis na ’n heerlike familie en vriende jag naweek! Die boeresports was groot pret," skryf Ronel.

Op die foto’s lyk dit asof die Van Jaarsvelds onder meer gaan jag het. Later het oud en jonk ook aan boeresport deelgeneem.

Op een foto is Karlien en Bobby se vrou, Annatjie, die ene konsentrasie terwyl hulle sakresies aanpak. 

Kyk die foto's hier:

Dit lyk ook asof Bobby en Annatjie se kinders, Sion (7), Leben (5) en Armani (2), en Karlien se tweeling, Daniël en Eliah (5), hulle ook gate uit geniet het toe hulle aan die eier-en-lepelresies deelneem.

Ronel wou by navraag nie verder kommentaar lewer oor hul Bosveld-avontuur nie.

Behalwe dat Bobby en Karlien die land plat toer is hulle ook deesdae op die kassie te sien in die tweede seisoen van hul werklikheidreeks, Bobby en Karlien: In Jou Skoene. 

En die twee geniet dit duidelik om saam te werk. "Ons werk baie maklik saam; ek verstaan haar. Ons bly boetie en sussie, en ons sien mekaar partykeer baie min wanneer ons toer,” het Bobby voorheen aan Huisgenoot vertel. 

"Ons lag weer soos toe ons kinders was, en ek herken baie van die karaktereienskappe wat Bobby as kind gehad het," het Karlien bygevoeg.