Vanes-Mari du Toit het 11 kg in drie maande verloor danksy al die danspassies wat sy moes leer vir Dancing with the Stars. 

Sy het dié foto gedeel:

Op Instagram het haar volgelinge haar geloof vir dié dramatiese gewigsverlies in so ’n kort tydjie. 

Vanes-Mari sê haar man het die eerste foto in Januarie op hul wittebrood geneem. “Ek deel gewoonlik nie sulke kaal-tipe foto’s nie, maar ek is baie trots,” sê sy aan Huisgenoot.com.

“En ek het nie net vet verloor nie; ek het spiermassa gebou ook. Ek gaan hard probeer om alles af te hou,” sê sy.

Sy glo die dans gaan ook haar netbal verbeter. “Voetwerk, ratsheid, al daai goed het verbeter.” 

Sy sê sy het nie eens agtergekom sy het soveel gewig verloor tot haar dansmaat, Johannes Radebe, haar daarop attent gemaak het nie.

“Daar was passies wat ons wou doen, maar ek was te vet. Nou die dag het ons weer ’n oplig-passie gedoen. Ek dog dis maar net omdat ek nou beter kan dans, maar toe sê hy, nee, hy kan voel ek’t 10 kg verloor,”  sê sy en lag. 

Kan ons die naweek dus nuwe danspassies verwag?

“Ja, ons gaan dit gooi die naweek, hoor.” 

Vanes-Mari en Johannes het oor die naweek die gehoor laat voete tik toe hulle die samba gedans het. 

Hulle dans dié naweek in die halfeindronde en hoop om eindelik as die beste danspaar in die kompetisie bekroon te word. 

Frank Opperman en sy dansmaat, Jeanné Swart, is Sondag uitgestem, maar dié gesoute akteur het ook die kilo’s afgeskud. Hy het 7 kg verloor en boonop ook ophou rook en drink.