Toe die sowat 65 gaste by die Silver Lakes-gholflandgoed in Pretoria opdaag, het Candice en Herman aangekondig hulle gaan afhaak.

Die Vat jou goed en trek-­aanbieder Candice Weber
Die Vat jou goed en trek-­aanbieder Candice Weber en haar liefie, Herman Vorster, haak af. Foto: Verskaf

Candice het als in net drie weke gereël.

Die pasgetroudes neem ’n foto saam met die akteur
Die pasgetroudes neem ’n foto saam met die akteur Kaz McFadden en sy meisie, Lara Lourens, wat die rol van Koekie de Kok in die sitkom Huis Lelieveld vertolk. Foto: Verskaf

“Die ironie was dat ons die troue gereël het voor hy my gevra het om te trou omdat hy nog op die ring gewag het,” sê sy.

Al wou die paar nog altyd ’n eilandwittebrood gehou het, moes hulle dit op eie bodem vier weens die coronaviruspandemie.

Die gewese aanbieder van die leefstyl­program Top
Die gewese aanbieder van die leefstyl­program Top Billing Jade Daniel en haar man, Matthew, was ook onder die gaste. Foto: Verskaf

Hulle het afgesit na Mosselbaai in die Wes-Kaap, maar die wittebrood is ná net drie dae kortgeknip toe die inperking weens dié pandemie aangekondig is.

Candice en Henry het drie dae lank hul wittebrood
Candice en Henry het drie dae lank hul wittebrood op Mosselbaai in die Wes-Kaap gevier. Foto: Verskaf

“Ons is laat weet die gastehuis moet sluit. Dit was nie lekker om te hoor nie, maar ons het besluit om eerder veilig te wees en ons vlugte te verander,” vertel Candice.

Candice en Herman wag met maskers op hul vlug uit
Candice en Herman wag met maskers op hul vlug uit George nadat hul wittebrood weens die coronakrisis kort­geknip is. Foto: Verskaf

Sy en Herman wil later vanjaar wanneer dit weer veilig is om te reis, hul wittebrood op ’n tropiese eiland vier.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.