Arno, wat in Huisgenoot, kykNET en The Film Factory se nuwe, fliek Vergeet my nie, te sien is, deel gereeld video’s in die sosiale media wat sy aanhangers laat skaterlag. 

View this post on Instagram

Wow, so cool Arno. • • • Hair: @le_coiffeurs Teeth: @dokebierman Swag: Born with it

A post shared by Arno Greeff (@arnogreeff) on

“Ek het agtergekom ek het net mooi foto’s op Instagram gedeel, en daar is nie veel waarde daarin nie. Omdat ek daarvan hou om mense te laat lag, het ek besluit om snaakse video’s op Instagram te deel,” het hy voorheen aan Huisgenoot vertel.

Dié keer het hy een gedeel waar hy sy lyf laat waks. “Ek het vir ’n waks gegaan, want ek begin skiet volgende week aan ’n nuwe reeks. Die karakter is bietjie van ’n gim-junkie en ek wou vir die karakter my lyf skoon en glad kry, en waks was die beste idee,” sê die akteur. 

En was dit ’n goeie idee? 

“Nee, dit was glad nie ’n goeie idee nie, want dit was baie seer,” vertel hy laggend. “Ek het dit glad nie geniet nie, maar ek het probeer sterk wees vir die video. Ek het gedink dit sal die moeite werd wees vir ander mense om dit ook te sien, of dit sal entertaining wees.”

Die grapjas sê nou hy sal dit nie weer doen nie. “Ek dink glad nie dis ’n goeie idee nie. My bors is besig om ’n uitslag te kry. Ek hoop nie ek hoef ooit weer in my lewe so iets te doen nie,” sê die akteur wat vanaf 14 Februarie, op Valentynsdag, te sien is in Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie

Die fliek is deur die ware liefdesverhaal van die Huisgenoot-lesers Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis in Namibië geïnspireer is. 

View this post on Instagram

My transition into a living meme is going great

A post shared by Arno Greeff (@arnogreeff) on

Arno vertolk die rol van Braam, die universiteitsliefde van die vrouehoofkarakter, Mardaleen (Marguerite van Eeden), voor haar pad met dié van Hugo (Sean-Marco Vorster) kruis.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.