AGTER DIE SKERMS 

Die fliek is gegrond op die ware liefdesverhaal van Mardaleen en Hugo Derks wat in Gobabis, Namibië, woon. 

Sean-­Marco Vorster tydens verfilming in Namibië. Foto: Misha Jordaan
Die akteur Sean-Marco Vorster. Foto: Misha Jordaan

“Ons was ’n bietjie op ons senuwees om Hugo en Mardaleen aanvanklik te ontmoet, want ons het nie geweet hoe hulle oor ons en die fliek gaan voel nie,” vertel die Vaselinetjie-ster Marguerite van Eeden, wat die rol van Mardaleen vertolk. 

sean-marco vorster,akteur,vergeet my nie
Die regisseur, André Velts, gesels met sy akteurs oor ’n toneel. Foto: Misha Jordaan
sean-marco vorster,akteur,namibië
Die span het sowat ’n week en ’n half in Namibië geskiet. Foto: Misha Jordaan

Maar die senuwees het gekwyn namate die akteurs saam met die Derkse gekuier het. 

En dié bababoep? Amalia Uys vertolk die rol van die vrygees Thea, wat op skepe werk en die wêreld vol rits, maar eindelik in Namibië, haar geboorteland, sielsrus vind. Foto: Misha Jordaan
Sean-Marco en Marguerite in ’n toneel voor die kameras. Foto: Misha Jordaan

“Ons kon die liefde tussen hulle sien,” sê die akteur Sean-Marco Vorster, wat Hugo speel. “Dit het ons net meer geïnspireer,” voeg Marguerite by.

MAKIETIE OP SWAKOPMUND  

Marguerite en Hugo het onlangs weer in Namibië gaan kuier om Vergeet my nie te bemark en by die Swakopmund Makietie-musiekfees in te loer. 

vergeet my nie,fliek,swakopmund
Hulle het ook by die Swakopmund Makietie ingeloer. Foto: Verskaf

Hoewel Hugo en Mardaleen se liefdesverhaal ook in Kaapstad, Potchefstroom en selfs in Londen draai, is dit in Namibië waar dinge veral spesiaal raak.

mardeleen derks,hugo derks,vergeet my nie
“Dit was lekker om vir Hugo en Mardaleen weer te sien,” vertel Marguerite. Foto: Verskaf
vergeet my nie,fliek
Hulle het verskeie radiostasies besoek om die fliek te bemark. Foto: Verskaf

“Dis amazing. Die mense is ongelooflik vriendelik, en dis een van die mooiste plekke waar ek al was,” vertel Sean-Marco oor hul besoek aan die Namibiese kusstad Swakopmund, wat ook vanjaar as die wenner van die kykNET-program Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys is. 

Marguerite en Sean-Marco is dit eens oor hoe mooi Namibië is. Foto: Verskaf
Hulle kon selfs tyd vir ’n lugballonrit inruim. Foto: Verskaf

Vergeet my nie is iets waarop die mense hier kan trots wees, want dit is ook ’n eg Namibiese fliek,” sê Sean-Marco, wat te sien was as Nico Malan in die dramareeks Alles Malan. 

Marguerite en Sean-Marco. Foto: Verskaf

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.