Die rolprent is geïnspireer deur die ware liefdesverhaal van die ­Huisgenoot-lesers Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië, wat mekaar op universiteit in Potchefstroom ontmoet en later in dieselfde kommune, Huis Konnetie, in Londen beland het. 

(Van links) Rikus Strauss (Albert), Elani Dekker (Nicky) en Pietie Beyers (Dieter) neem ’n foto in een van die Londense strate. Rikus is beter bekend as ­T­jattas in 7de Laan. Foto: Verskaf
kenley swart,vergeet my nie,londen
Kenley Swart by die bekende King’s Cross-­stasie in Londen. Foto: Verskaf

Groot dele van die fliek, wat op Valentynsdag in teaters begin, is in die Britse hoofstad geskiet. 

Die Alles Malan-ster Sean-Marco Vorster, wat Hugo Derks speel, voor een van die bekende rooi telefoon­hokkies in Londen. Foto: Verskaf
kenley swart,vergeet my nie,londen
Elani en Kenley voor die kamera. Foto: Verskaf
andré velts,regisseur,vergeet my nie
Die regisseur André Velts wag by ’n stasie op die moltrein. Foto: Verskaf

“Dis vir my ongelooflik hoe modern ’n stad soos Londen is,” vertel Elani Dekker, wat die opstandige Nicky vertolk. 

amalia uys,pietie beyers,vergeet my nie
Amalia Uys, wat die vrygees Thea vertolk, en Pietie tussen tonele. Foto: Verskaf
leché joubert,vergeet my nie,londen
Leché poseer vir ’n kiekie by een van Londen se bekendste bakens, die Big Ben-klok­toring van ­die Paleis van Westminster. Foto: Verskaf
rikus strauss,vergeet my nie,londen
Rikus het sy lyf toeris ­gehou en die strate van Londen verken wanneer hy ’n kans tussen verfilming gekry het. Foto: Verskaf

“Daar is soveel verskillende mense en kulture. Ons was ’n klein span, maar ons kon mekaar beter leer ken.”

Die Vaselinetjie-ster Marguerite van Eeden, wat die hoofrol van Mardaleen vertolk, en Elani wys hul kostuums. Die fliek speel in die 1990’s af. Foto: Verskaf
Besties! Leché, Marguerite en Elani poseer vir ’n selfie. Foto: Verskaf

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.