Hulle is in Parys saam met ’n groep musikante, soos David Kramer en Laurinda Hofmeyr, wat Cape Town Music Academy se musiekproduksie Afrique Mon Désir op die planke bring.

Vicky is dié musiekskool se programkoördineerder. Die musiekgeselskap was skaars daar toe ’n gyselaarsdrama afspeel om die draai van waar hulle repeteer.

Al het die spanning rondom hulle hoog geloop, was hulle gelukkig nie self deel van die drama nie en Vicky het foto’s van haar en Schalk se Franse verkennings op Instagram gedeel.

Le street corner

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Dit lyk omtrent of die paartjie hul hart vir die stad van liefde gegee het.

Hulle het onder meer die Eiffeltoring besoek, koffie by ’n straatkafee geniet, aan slakke weggelê en geskiedkundige besienswaardighede in Saint-Denis besoek.

@schalkj could actually smell the cheeses through the glass ??

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

No idea how this metro works but I am here ??

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Vicky het haar ook verkyk aan die Galeries Lafayette, verdiepings van handelsnaamwinkels wat enige vrou se hart vinnig sal laat klop.