Hulle kon netsowel ’n tweeling gewees het, maar dié twee fraai blonde krulkopdogtertjies op die foto is in werklikheid ma en dogter.

Die aktrise en televisie-aanbieder Vicky Davis het ’n foto gedeel van haar en haar dogtertjie, Lira, toe hulle min of meer dieselfde ouderdom was. 

Op die foto is daar geen teken van Vicky se lang golwende bruin hare nie en sy spog eerder met ’n bos ligte blonde krulle wat haar klein gesiggie omraam. Lira het dieselfde kurktrekker krulle wat oor haar voorkop hang.

Mom left, daughter right. That explains the hair!

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Op die foto was Vicky so twee en ’n half jaar oud en Lira is nou drie en ’n half.

Vicky sê sy het onlangs weer besef hoe baie sy en Lira na mekaar lyk toe sy op foto’s op haar rekenaar afkom. "Mense vra altyd waar kom Lira se blonde krulle vandaan en wil my nie altyd glo dat ek so gelyk het nie, omdat my hare nou baie bruin is."

Vicky is in 2014 met die musikant Schalk Joubert getroud en hulle het ’n dogtertjie, Lira (3), en ’n seuntjie, Luca (10 maande).

Merry merry!

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Sy sê hoe langer en swaarder haar hare geraak het, hoe meer het die krulle uitgesak en toe sy Sub A (gr. 1) toe is, het dit bruiner begin word. Deesdae kleur sy dit ook ’n bietjie bruiner as haar natuurlike kleur.

"Lira se hare krul wel ’n bietjie meer as myne. Sedert haar en haar boetie – wie se hare ook so krul – se geboortes het my hare nogal van sy natuurlike krul verloor. Ek spot en sê dié tweetjies het my krulle gesteel.”

Vicky sê sy en klein Lira is groot maats. "Ek dink sy aard na my sowel as Schalk, maar sy is ook haar eie mensie. Sy het ’n groot karakter met ’n lekker sin vir humor en sy is vreeslik sosiaal. Sy knoop oral geselsies met mense aan en maak vinnig maatjies."

Water water everywhere and not a drop to drink ??

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Miss Lira

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Lira is dol oor kleure wat glinster en is op die oomblik gek oor enigiets wat met ’n dinosourus of ’n meermin te doen het. "Sy is in ’n stadium waar haar verbeelding vreeslik ontwikkel en sy kan ’n storie en ’n speletjie van enigiets maak. Sy is ook baie lief vir diere."

Bling Bday gifts from peetma @pinkshrink

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Vicky sê haar seuntjie, Luca, lyk eintlik meer soos sy en, buiten die hare, lyk Lira meer na Schalk se kant van die familie. "Luca se gelaatstrekke is ’n bietjie skerper, maar albei is baie lank vir hul ouderdomme."