Na al die lang ure op die stel van die sepie Getroud met rugby is dit nou tyd vir die akteurspaar Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen om af te skakel. Die paartjie span uit in Ballito. 

View this post on Instagram

Some serious beach time #littlefamily #summerdays #ocean #daddiesgirl

A post shared by WernerCoetser (@wcoetser) on

Marijke, wat die rol van Maryke de Villiers in die sepie Getroud met rugby vertolk, het die oulikste foto’s saam met hul vier maande oue dogtertjie, Layla, en haar seun Juwan, wat onlangs sy negende verjaardag gevier het, met haar 40 300 Instagram-volgelinge gedeel. 

“Ballito vakansie het begin!" skryf sy by 'n foto van haar, Werner en die kinders met die see in die agtergrond.

"Wat ’n jaar – verlief, verloof en verwagtend. Geseënd met die mooiste poplap en my pragtige seun is op pad graad 4 toe! Dankbaar vir ’n wonderlike reis saam met @wcoetser en ek sien uit na die volgende klomp jaar saam,” skryf die aktrise, wat op 3 Februarie, op Werner se verjaardag, aan haar Getroud met rugby-medester in die Magaliesberge verloof geraak. Hul dogtertjie, Layla, is op 5 Augustus gebore.

Die paartjie is nie al bekendes wat op die KwaZulu-Natalse kusdorp vakansie hou nie. 

Dit lyk of die sangeres Karlien van Jaarsveld, wat tans swanger is met haar en haar man, Joe Breytenbach, se tweede kind, by haar sangerbroer, Bobby van Jaarsveld, uitgespan het. By 'n foto wat Karlien vandeesweek van haar en Joe se dogtertjie, Elah, in swemklere op Instagram gedeel het, skryf sy: "Dankie dat jy ons vandag so besig gehou het Elah, almal gaan lekker slaap vanaand."

Bobby het in Desember verlede jaar Ballito toe getrek nadat hy en sy vrou, Annatjie, vir jare in Pretoria gewoon het. 

Die aktrise Angelique Gerber sê sy geniet weer vir die eerste keer in vyf jaar ’n somervakansie. 

Angelique het foto’s gedeel waar sy en haar rugbyspelerman, Jacques Potgieter, se driejarige seuntjie, Jacques jr.,  en hul jaar oue tweelingdogters, Olivia en Annabella, op die strand baljaar. 

View this post on Instagram

First Summer holiday in 5 years!!! ????????????????

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Die Potgieters het in Junie vanjaar teruggekeer na Suid-Afrika en woon deesdae in Pretoria. Hulle het vir ’n ruk lank in Toulon, Frankryk, gebly waar Jacques vir die Toulon-rugbyklub uitgedraf het. 

Die oud-Springbok Victor Matfield en sy gesin hou ook vakansie in Heroldsbaai op die prentjiemooi Tuinroete aan die Suid-Kaapse kus.

En dit lyk asof hy en Monja, sy vrou van die afgelope 16 jaar, se kinders, Jaime (13), Giselle (10) en Tassie (5), hulle gate uit geniet. 

View this post on Instagram

Lekker wekie in Herolds!!!

A post shared by Victor (@victormatfield) on

Intussen span die TV-aanbieder Minki van der Westhuizen saam met haar man, die voormalige rugbyspeler Ernst Joubert, en hul dogters, Katerien (6), Elize (5) en Elsa (1), op Stilbaai uit.