Hy en sy meisie van die afgelope agt maande, Launette van Niekerk, was onlangs by die gewilde Phi Phi-eilande in Thailand waar hy haar die groot vraag gevra het. 

Anthonie (bekend as aanbieder van Sing & Harmonie en Uitblinkers op kykNETNou) het ’n maand lank aan sy spesiale plan vir die verlowing beplan.

In ’n Facebook-boodskap het hy gesê: “Ek het verloof geraak op die Phi Phi-eilande in Thailand met die meisie van my drome!!!” waarna hy ’n video gedeel het met die hele plan oor hoe hy die ja-woord gevra het. 

In die video vertel hy hoe hy vir Launette, ’n liggaamsbouer en dosent by die kunsskool Gaudium Artes in Parys, en ’n vriend na die Phi Phi-eilande geneem het “om die groot vraag te vra.”

TBT My last comp of 2017 #summerbodies #red #bikini #fitness #lifestyle #fitspo

A post shared by Launette van Niekerk (@launette_xx) on

Hy sê hy wou dit “so ’n bietjie anders doen” en het ’n “kamtige advertensie” saam met Launette verfilm van sy niggie se juweliersmaatskappy. 

In die video vra hy haar uiteindelik om met hom te trou.

“Ek het die video spesiaal opgeneem sodat ek ander kan inspireer om die ekstra myl te loop vir jou geliefde wanneer dit kom by hierdie ongelooflike herinnering,” het hy gesê.

Kyk hier na die video:


Verloof! Ek het nie woorde nie! So lief vir jou @anthoniebougas

A post shared by Launette van Niekerk (@launette_xx) on

Hulle het toe vir nog ’n week vakansie gehou op die eiland waarna hulle teruggekeer het na Suid-Afrika en ’n lekker verlowingspartytjie saam met hul familie op die Vaalrivier gehou het.