Dit was die eenjaar-viering van haar kroning as Mej. Suid-Afrika en die viermaande-viering van haar kroning as Mej. Heelal.

Sy het in die sosiale media Maandag as 'n “spesiale dag” beskryf en vertel hoe besonders daardie oomblik vir haar was. “Vandag is 'n spesiale dag vir my. Dit merk een jaar sedert ek as Mej. SA gekroon is en vier maande as Mej. Heelal," het sy geskryf.

“Die reis van 'n duisend myl begin met een enkele tree. Moet nooit onderskat hoeveel in een jaar kan gebeur nie,” het Demi-Leigh onderaan die video van haar groot oomblik geskryf. 

Die 22-jarige skoonheidskoningin het die land trots gemaak toe sy einde verlede jaar die Colombiaanse skoonheid Laura González in die finale ronde van die kompetisie uitstof en die Mej. Heelal-titel wen. 

??????

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

Demi-Leigh se grootste inspirasie is haar halfsussie, Franja (12), wat met 'n serebellêre ontwikkelingstuiting gebore is. Dit is 'n afwyking waar die klein harsing ontbreek. Sy het op talle geleenthede genoem dat haar sussie haar grootste inspirasie is.

Op Franja se verjaardag vanjaar het Demi-Leigh ’n pragtige foto van hulle twee op Instagram gedeel met 'n boodskap waar sy Franja gelukwens. 

Demi-Leigh laat nie gras onder haar voete groei nie.

Sedert sy Mej. SA en Mej. Heelal geword het, het sy al heelwat gedoen. Die skoonheid van Sedgefield het ook vroeër vanjaar die New-Yorkse modeweek bygewoon. 

Hier het sy foto’s van haar in Manhattan, New York, gedeel, met 'n bos blomme in die hand. “Gelukkigheid blom van binne,” het sy daarby geskryf.

Happiness blooms from within ????

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

???

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

Demi-Leigh is passievol oor vrouwees en vroueregte wêreldwyd. “Ek wil hê vroue moet wêreldwyd as gelyke behandel word. Ons maak groot vooruitgang, maar heelwat moet nog gedoen word,” het sy aan missuniverse.com in 'n onderhoud vertel.

Die video wat Demi-Leigh se groot oomblik vasgevang het, het tot dusver meer as 92 000 "likes" op Instagram gekry.