Volgens die Britse koerant Mirror het ’n aanhanger die kort gesprek opgeneem terwyl Meghan gesels met die sangeres Beyoncé, wat die stem verskaf van Nala in die fliek.

“Jy weet sy doen stemwerk,” sê die 35-jarige prins Harry op die video vir Bob tewyl hy na sy vrou, Meghan (38), ’n entjie van hom af wys. Sy het vroeër die rol van die prokureur Rachel Zane in die regsdramareeks Suits vertolk.

“O, regtig?” antwoord die Disney-magnaat.

“Het jy dit geweet? Jy lyk verbaas,” laat Harry hoor.

prins harry, bob iger
’n Aanhanger het glo die kort gesprek opgeneem terwyl Meghan met Beyoncé gesels het. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Seker,” antwoord Bob. “Ons sal graag probeer.” 

Die video het te voorskyn gekom nadat daar berig is dat Meghan ’n stemwerk-ooreenkoms met Disney gesluit het, blykbaar lank voor die egpaar se skokbesluit om as senior lede van die koninklike familie uit te tree.

Harry en sy vrou, Meghan, wat in Los Angeles gebore is, beplan om hul tyd tussen die Verenigde Koninkryk en Noord-Amerika te verdeel en wil finansieel onafhanklik wees.

Meghan het in ruil vir haar stemwerk 'n skenking gevra aan 'n organisasie wat help om olifante teen stropers te beskerm.

Sy het die stemwerk glo opgeneem voor sy en Harry op 'n ses week lange vakansie na Kanada vertrek het. Hulle het Kersfees en Nuwejaar met op Vancouver-eiland deurgebring met hul agt maande oue seun, Archie.

Daar is reeds berig dat Harry met die Amerikaanse kletskoningin Oprah Winfrey gaan werk om 'n dokkie vir Apple TV+ te vervaardig wat op geestesgesondheid fokus.

Meghan is tans terug in Vancouver by Archie terwyl Harry in Engeland agtergebly het om met sy ouma, koningin Elizabeth, sy pa, prins Charles, en sy ouer broer, prins William, te raadpleeg oor die pad vorentoe nadat hy en Meghan die wêreld geskok het met hul besluit om as senior koninklikes uit te tree.

Bronne: People, Mirror, Page Six, Channel24, Foxnews