Marguerite (40) is veral bekend vir haar rol as Doreen in Egoli en was onder meer in flieks soos Invictus (2009) en Knysna (2014) te sien.
Sy vertel uit Kalifornië dat sy en haar man, die Amerikaner Bryan Monka, baie dankbaar is oor hul swangerskapnuus.
Die egpaar het in Mei 2020 hul eersteling, Magnus, gehad. Hul tweede spruit word na verwagting in Maart volgende jaar gebore.