Dit was ’n doodgewone dag, vertel Tamaryn. Hulle albei was al douvoordag uit die vere, want hulle sou ’n wildrit geniet en die Krugerwildtuin verken.  

Hulle het die wildrit vreeslik geniet. “Dit was beeldskoon. Ons het ongelooflike goed gesien,” vertel Tamaryn.

Hulle het daarna besluit om die res van die dag langs die swembad te ontspan. 

“Ek het ’n middagslapie gevat. Hy kon nie slaap nie,” sê Tamaryn, wat tans die tweede jaar van haar internskap as mediese dokter by ’n Johannesburgse hospitaal voltooi. 

Ná haar middagslapie het die twee weer reggemaak vir hul tweede wildrit van die dag. 

Die paartjie tydens die groot oomblik. Foto: Versk
Die paartjie tydens die groot oomblik. Foto: Verskaf

“Die organiseerders het vertel hulle gaan ons op berg toe vat, en ek was kinderlik opgewonde,” sê sy. 

Tydens die rit het hulle by die Mosambiekse grens gestop. “Ons het uitgespring en na die krans by die grens gestap. Dit kyk uit op die hele Krugerwildtuin. 

“Dit is asemrowend, en dit was amper tyd vir die sonsondergang. Daar’s ’n rivier wat deur die Krugerwildtuin vloei.”

Sy het toe nog niks gewis van Ze se verlowingsplanne nie.

Die volgende ooomblik vra Ze haar om deur die verkyker te kyk.

“Toe sê hy: ‘Kyk, Liefie. Daar's olifante aan die einde van die rivier,’ ” vertel sy. 

Tamaryn het die verkyker opgetel en daardeur geloer. “Maar ek kon geen olifante sien nie,” vertel sy. 

Die groot wit bord wat albei in trane gehad het. Foto: Verskaf
Tamaryn kan nie uitgepraat word oor hoe perfek haa
Tamaryn kan nie uitgepraat word oor hoe perfek haar ring is nie. Foto: Verskaf

“Toe kyk ek meer na die kant toe, en daar sien ek hierdie massiewe groot bord staan,” vertel sy.

Op die bord het die woorde “Sal jy met my trou?” gepryk.

“Ek was so geskok! Toe ek omdraai, staan hy op sy knie met die ring in die boksie,” vertel sy. 

Tamaryn kon haar trane nie keer nie. “Ek was eintlik al in trane voor ek gesien het wat op die bord staan,” vertel sy.

 Twee jaar van pure liefde

Tamaryn en Ze het mekaar in Oktober 2018 ontmoet – in dieselfde jaar dat sy as Mej. Suid-Afrika gekroon is. Hulle het in Februarie 2019 amptelik begin uitgaan. 

“Ek het hom eintlik ’n paar keer voor dit al gesien. Ek onthou dit, maar ek het nie op daardie oomblik gedink daar gaan iets daarvan kom nie,” sê sy. 

Dit was tydens ’n ete by een van hul gemeenskaplike vriende waar Tamaryn die werklike kant van Ze leer ken het. 

“Ons was toe ’n rukkie lank vriende, maar wat alles verander het, was toe hy in Desember 2018 Thailand toe gevlieg het om my by die Mej. Heelal-kompetisie te verras,” vertel sy. 

Volgens Tamaryn het hy haar op die laaste minuut laat weet, want hy was bang sy sou te groot skrik as sy op die verhoog stap. 

“Hy't reg voor gesit en die grootste Suid-Afrikaanse vlag vasgehou,” vertel sy. Sy is boonop by die Mej. Heelal-kompetisie as die naaswenner aangewys.

Dit was maar net een van die oomblikke toe Ze Tamaryn se voete onder haar uitgeslaan het. 

Ze en Tamaryn is soos vinkel en koljander — onopsk
Ze en Tamaryn is onafskeidbaar. Foto: Verskaf

Sy weet al lankal Ze is haar trouman, maar die bepalende oomblik was in Desember 2020. 

“Ons families het amptelik verlede jaar ontmoet. Ons probeer al so lank dat ons families mekaar kan ontmoet, maar covid-19 het heeltyd ’n stokkie daarvoor gesteek,” vertel sy. 

Nadat hul ouers ontmoet het, was die twee éérs onafskeidbaar.

“Ons ouers is soos vinkel en koljander. Alles was net perfek, en ek het daar besef dat ek met hom wil trou,” vertel sy.  

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.