Marilyn en haar man, Louwrens Mahoney (38), se bababseuntjie is op 7 Junie by die Mediclinic Kloof in Pretoria gebore en het 2,9 kg geweeg.  

Die egpaar, wat in Desember aangekondig het dat hulle ’n seuntjie verwag, se kleinding heet Seth.  

Seth het 2,9 kg by geboorte geweeg
Seth het 2,9 kg by geboorte geweeg. Foto: Verskaf

“Seth is Hebreeus vir anointed and appointed. Ons glo vas in woorde wat krag dra en alles wat jy spreek, het krag daarin. Ons wou hê die naam wat ons vir ons seun gekies het, moet lewe oor hom spreek,” vertel Marilyn (30).  

Dit was baie spesiaal om klein Seth vir die eerste keer vas te hou, sê sy. “Om te dink die klein lyfie was vir nege maande binne my en nou is hy hierso in my arms. Tussen my en Louwrens weet ek nie wie hou hom meer vas nie, want ons is so verlief dis nie eens snaaks nie,” borrel sy.  

Die naam Seth het 'n Hebreeuse betekenis
Die naam Seth het 'n Hebreeuse betekenis. Foto: Verskaf

Marilyn en Louwrens was albei baie emosioneel om hul seuntjie vir die eerste keer te sien en vas te hou. “Dit was lewensveranderend vir my en Louwrens. Ons het baie lank gebid vir ’n kind, en ons het tydens die hele swangerskap gebid vir ’n gesonde swangerskap, geboorte en ’n gesonde kind. 

“Toe dit alles realiseer, was dit baie oorweldigend en ons is net baie dankbaar. Dis net die Here se genade, goedheid en guns. Dis wat daardie oomblik is wanneer jy daai babatjie vir die eerste keer sien en in jou arms vashou. Jy besef net hoe groot die Here is en dat hierdie lewe en skepping regtig net ’n wonderwerk is,” vertel sy.   

Dit was baie spesiaal om klein Seth vir die eerste
Dit was baie spesiaal om klein Seth vir die eerste keer vas te hou. Foto: Verskaf

Volgens Marilyn was sy geseënd met ’n baie maklike swangerskap. “Ek was gesond, baie aktief en het aangehou oefen. Ek het redelik kleinerig gedra, so ek was gemaklik tot op die heel einde. My swangerskap was regtig ’n awesome en spesiale reis.” 

Louwrens het Sondag sy eerste Vadersdag gevier. “Dit was so ’n spesiale dag vir ons. Louwrens is ’n champion-man en die afgelope twee weke kon ek sien hy is reeds ’n champion-pa. Hy is net so amazing met Seth, hy help waar hy kan en staan snags saam met my op,” vertel Marilyn.  

Louwrens het Sondag se eerste Vadersdag gevier
Louwrens het Sondag se eerste Vadersdag gevier. Foto: Verskaf

Sy beskryf hul twee weke oue seuntjie as die soetste, kalmste en rustigste kind. “Ons het nou soveel om na uit te sien, jy het net so ’n nuwe sense of purpose oor jou lewe wanneer jy na hom kyk en wanneer jy wakker word soggens en hy is hier langs jou. Ja, dis net ongelooflik spesiaal.” 

Die trotse ouers en hul kleinding
Die trotse ouers en hul kleinding. Foto: Verskaf

Die eerste week as nuwe ouers was ’n bietjie oorweldigend, erken sy. “Jy dink aan hierdie verantwoordelikheid wat die Here in jou hande gesit, maar ons weet met die wysheid, krag en leiding van die Here sal ons ons awesome groot champion kan grootmaak.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe