Of sy nou in haar geliefkoosde swart noupypjeans tennis speel of in ’n ontwerpersrok ’n staatsdinee bywoon; 'n mens kan haar altyd deur ’n ring trek. 

Hier is ons 18 gunstelingvoorkomste van Kate in 2018.

’n Wenner in wynrooi

Die hertogin het die asem weggeslaan in dié wynrooi Paule Ka-romp en -baadjie, wat sy op minstens twee vorige geleenthede gedra het, tydens ’n besoek aan die Universiteitskollege Londen.

Die wynrooi Paule Ka-romp en -baadjie

Dié keer het sy ’n swart rolhalstop, hakskoene en fluweelstrik daarby gedra.

’n Groen juweel

Kate was die toonbeeld van styl in dié donkergroen jas deur Katherine Walker vir die Herinneringsondag-kerkdiens in die Westminster-abdy in November.

Die donkergroen jas deur Katherine Walker.

Sy het dit met ’n kopstuk deur die koninklike gunsteling Jane Taylor en swart hakskoene afgerond. 

Adellik sjiek

Vir die Herinneringsondag-plegtigheid het sy koninklik en elegant in ’n swart militêr-geïnspireerde Alexander McQueen-jas met ’n bypassende Lock and Company-hoed gelyk.

'n Swart militêr-geïnspireerde Alexander McQueen-jas

Treffend in blokkies

Sy het vars en funky gelyk in ’n uitklok-blokkiesrok deur Erdem by die opening van die V&A-fotografiesentrum in die Victoria & Albert-museum in Londen in Oktober.

’n Uitklok-blokkiesrok deur Erdem.

Tennismeisie

Selfs wannneer sy informeel aantrek, kry die hertogin dit steeds reg om sjiek te lyk!

Tydens ’n pot tennis by ’n koninklike verpligting in Essex in Oktober het sy in swart noupypjeans met ’n swart rolnektop en steweltjies daarby met haar lenige lyf gespog.

Lenig en sjiek op die tennisbaan.

Groen prinses

Sy het haar gunsteling- groen Jenny Packham-rok, wat sy in 2012 die eerste keer gedra het, weer vir die Tusk Conservation Awards in Londen in November aangetrek.

Haar gunsteling-groen Jenny Packham-rok.

Koel in blou

Tydens ’n besoek aan die Imperiale Oorlogmuseum Imperial War Museum in Oktober het sy ’n eenvoudige, deftige blou langmourok deur Jenny Packham met bleek bykomstighede daarby gekies.

'n Deftige blou langmourok deur Jenny Packham.

Bloubloed godin

Vir die Nederlandse staatsbanket in Oktober het sy haar koninklik uitgevat in ’n ysblou Alexander McQueen-rok.

Sy het dit met Koningin Alexandra-trouhalssnoer, prinses Diana se Collingwood-pêrelhangoorbelle en die Minnaarsknoop Lover’s Knot-tiara afgerond. 

’n Ysblou Alexander McQueen-rok.

Sonskyn-treffer

Net drie maande nadat sy aan prins Louis die lewe geskenk het, het die hertogin by Wimbledon asemrowend gelyk in ’n sjiek geel rok deur Dolce & Gabbana. 

’n Sjiek geel rok deur Dolce & Gabbana.

Frambooshelder

Vir prinses Eugenie se troue het sy die koppe laat draai in ’n framboos plooirok deur Alexander McQueen.

’n Bypassende Philip Treacy-kadotjie, Prada-fluweelhakskoene en ’n fluweelpalmtas het die voorkoms afgerond. 

Sy het die koppe laat draai in ’n framboos plooirok deur Alexander McQueen.

Stralend in wit

Vir die doop van haar jongste seun, prins Louis, in Julie het sy glansryk gelyk in ’n elegante wit rok deur Alexander McQueen met ’n bypassende Jane Taylor-kopstuk daarby.

’n Elegante wit rok deur Alexander McQueen.

Beeldskoon in bleekblou 

Vir die Vaandelparade-plegtigheid in Junie het sy koel gelyk in ’n vaalblou Alexander McQueen-rok met ’n bypassende kadotjie deur Juliette Botterill. 

’n Vaalblou Alexander McQueen-rok.

Glansryk in geel

Vir Harry en Meghan se troue in Mei het die swanger Kate in ’n vleiende vaalgeel jasrok deur haar gunsteling-ontwerper, Alexander McQueen, gedra.

Sy het die voorkoms met ’n bypassende Philip Treacy-hoed en geel Jimmy Choo-skoene afgerond.

Nog 'n skepping deur haar gunsteling-ontwerper, Alexander McQueen.

Mooie mamma

Natuurlik kan ons nie die helderrooi Jenny Packham-rok met ’n wit kantkraag vergeet wat sy aangehad het toe sy haar jongste seun, prins Louis, in April die eerste keer vir die wêreld gewys het nie. 

Die helderrooi Jenny Packham-rok.

Perfek in pienk

Kate het onberispelik gelyk in ’n wasige vaalblos rok deur Alexander McQueen op ’n formele dinee wat Noorweë se koninklikes in Februarie aangebied het. 

'n Wasige skepping deur Alexander McQueen.

Bronne: Harpersbazaar.com, Townandcountrymag.com, Glamour.com