Jay-Z (49) en Beyoncé (37)

Foto: Gallo Images/Getty Images
 Marco Borges
Marco Borges Foto: Gallo Images/Getty Images

Die sangeres en haar rapper-man se voedingkundige, Marco Borges, het hulle aangespoor om ’n veganistiese dieet te volg. Hulle het toe 22 Days Nutrition saam met hom begin. Dis ’n diens wat veganistiese etes aflewer.

Kate Hudson (39)

Kate Hudson
Foto: Fabletics

Sy het haar oefenprogram tot fiksheidsklere met die handelsnaam Fabletics uitgebou. Dit het in 2014 as ’n aanlyn inskryfdiens begin en tot kleinhandelwinkels en fiksheidsvideo’s uitgebrei.

Reese Witherspoon (42)

Reese Witherspoon
Foto: Draper James

Die A-lys-aktrise en vervaardiger van trefferflieks soos Wild en Gone Girl spog ook met haar eie suksesvolle klerereeks, Draper James, wat sy in 2015 gestig het.

Dis ’n mengsel van mode-items, bykomstighede en tuisversierings en sluit boonop nou ’n gewilde plusgrootteklerereeks in. Dit lyk of alles waaraan dié blonde midas raak in goud verander.

Jaden Smith (20)

Foto: Gallo Images/Getty Images

Die sanger en akteur is ook die entrepreneur agter Just Water, drinkwater in ’n ekovriendelike verpakking. Die bottel word van papier gemaak en die doppie van suikerriet. “Toe ek 11 was, het ek vir almal vertel ek wil ’n werklik volhoubare waterbottel vir die mensdom skep,” het Jaden aan die tydskrif New York gesê. So gesê, so gedaan.

Snoop Dogg (47)

Snoop Dogg
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dis nie verbasend dat die Doggfather tot die daggabedryf toegetree het met ’n reeks genaamd Leafs by Snoop nie. “As ’n jare lange fynproewer en daggakenner het ek geweet dis tyd om vir my aanhangers te gee wat hulle wil hê – ’n produk wat hulle kan vertrou,” het Snoop aan Variety gesê.

Drake (32)

Foto: Gallo Images/Getty Images

Die Kanadese rapper besit sy eie whiskeyhandelsnaam, Virginia Black Decadent American Whiskey. Toe dit in 2016 bekendgestel is, het dit die rekord vir die meeste verkope op die eerste dag in Ontario oortref. Die slagspreuk is “One Sip, and Wooh!” Drake is ook die mede-eienaar van die Oosterse restaurant Pick 6ix in Toronto.

Justin Timberlake (37)

Foto: Gallo Images/Getty Images
 die model stella maxwell in william rast
Die model Stella Maxwell in William Rast. Foto: William Rast

Die Can’t Stop the Feeling-sanger het ver gevorder sedert sy dae as lid van die groep NSYNC met bypassende uitrustings. Justin is verantwoordelik vir die byderwetser voorkoms van William Rast, ’n reeks denim- en leeritems, wat hy saam met ’n vriend uit sy kinderjare, Trace Ayala, gestig het.

Lenny  Kravitz (54)

Foto: Gallo Images/Getty Images

Die rocker het in 2003 Kravitz Design, ’n binneversierfirma, begin en boonop ’n vennootskap met CB2 gesluit vir ’n reeks meubels en huisbykomstighede. Maar die items is nie goedkoop nie – strooikussings kos sowat R1 220 elk.

Whoopi Goldberg (63)

Woopy Goldberg
Foto: Whoopi & Maya

Die aktrise het saam met die daggakenner Maya Elisabeth (regs op foto) ’n deurbraak in die mediesedaggabedryf gemaak. Hul reeks, Whoopi & Maya, is die eerste handelsnaam in sy soort vir menstruele krampe.

“As jy nie bedwelm wil raak nie, is dit ’n produk spesifiek net om van die ongemak ontslae te raak,” het Whoopi aan Vanity Fair gesê.

Bronne: CNBC.com, TMZ.com, Time.com, Independent.co.uk, Forbes.com