Wen ’n deel van R28 000 met jou graadeentjie se grootskoolfoto
Gaan jou kind die eerste keer “grootskool” toe? Skryf in vir ons Pep Graadeentjie-kompetisie vir ’n kans om kontantpryse vir jou en jou kind se skool te wen. Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel bied lae pryse en hope terug-skool-toe-besparings om jou kind uit te rus sonder om jou sak te ruk. Die kompetisie begin op 15 Januarie 2020. Lees hier hoe die kompetisie werk en wat jy moet doen om die lekker kontantpryse te wen.

Arno Jordaan

Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, se oudste seun, Milan, het sy eerste skooldag in gr. 1 begin op dieselfde dag as sy ouers se huweliksherdenking, 14 Januarie. Arno het foto's van dié besonderse dag op Instagram gedeel. 

Arno en Lizanie is al agt jaar getroud. 

Mandi du Plooy-Baard

Die aktrise Mandi du Plooy-Baard en haar man, die sanger Schalk Baard, se eersteling, Jeandré (6), is vanjaar in gr. 1. 

’n Trotse Mandi het ’n reeks foto's van Jeandré saam met haar, Schalk en hul dogter, Sumé (4), gedeel. 

Sean Else

Sean en vroulief Carla se tweede jongste seun, Daniel (6), begin ook vanjaar met gr. 1. 

View this post on Instagram

There he goes! Grade 1 #proudmama #grateful

A post shared by C A R L A E L S E (@else.carla) on

Carla het ’n foto gedeel van Daniel wat op pad is na sy klas. Sy het ook verlede jaar aan Huisgenoot vertel dat hul tweede oudste seun, Vaughn (13), vanjaar met hoërskool begin. 

Ilne Nienaber

Ilne en haar man, Marcus Benadie, se seuntjie, Hugo (6), is vanjaar in gr. 1 aan die Laerskool Jan Celliers in Johannesburg. 

Ilne Nienaber se seuntjie Hugo op sy eerste skooldag. Foto: Verskaf

Ilne het aan Huisgenoot gesê alles het sommer baie goed gegaan met Hugo se eerste dag. 

Minki van der Westhuizen

Minki en manlief Ernst Joubert se oudste dogtertjie, Katerien (6), begin vanjaar haar skoolloopbaan op hul tuisdorp Stellenbosch. 

Minki van der Westhuizen en haar dogter Katerien.
Minki van der Westhuizen en haar dogter Katerien. Foto: Verskaf
 

Minki het hierdie foto van haar en Katerien met Huisgenoot gedeel. 

Sorina Erasmus

Sorina se seuntjie, Braam, begin vandag met graad R. 

JP Duminy

Die voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler JP Duminy en sy vrou, Sue, se eersteling, Isabella, is ook vanjaar skool toe. Sue het ’n foto van Isabella op haar Instagram-profiel gedeel. 

View this post on Instagram

First day of school ????????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

Jay du Plessis

Die sanger Jay du Plessis het op Instagram ’n foto gedeel van sy drie jonger seuns, Samuel, Luka en Jamie wat op pad is na hul nuwe skool. 

Jay het bygevoeg dat sy oudste seun, Aidan, hoërskool toe is. 

Cheree Strydom

Cheree het ’n foto op haar Instagram-profiel gedeel van haar en haar man, Wynand, se dogtertjies, Taylor-Hope en Bella-Joy, wat vanjaar onderskeidelik in gr. 3 en gr. 2 is.