“Ek en Lynn is in die wolke en ongelooflik opgewonde,” vertel Robbie, wat die kykNET-program Bravo! aanbied en op 5FM deel is van die Roger Goode Show-span.

“Ons probeer nou al amper drie jaar lank om swanger te word. Dit was 'n lang pad, maar elke liewe oomblik was die moeite werd,” sê hy dankbaar.

We're PREGNANT! ??????

A post shared by Robbie Kruse (@robbiekruse) on

“Toe ek uitvind Lynn is swanger, kon ek nie ophou huil van blydskap nie. Dit was die beste nuus wat ons kon kry. Ek het seker vier uur aaneen gehuil van pure blydskap. Ek kan nie wag om my kind vas te hou, my beste te gee en om die beste ouer te wees nie, soos wat my pa en ma vir ons is.

“Ons het gelukkig 'n goeie ondersteuningsnetwerk, met ouma en oupa wat redelik naby bly en baie kan help,” voeg hy laggend by.

“Ons weet nog nie wat die geslag is nie. Lynn is nou 15 weke swanger, en sy is die beste,” borrel Robbie trots oor sy mooi blondekopvrou.

#WCW my Number one Ninja

A post shared by Robbie Kruse (@robbiekruse) on

Hy sê haar babamagie groei nou by die dag vinniger en hulle het reeds begin dink aan idees oor hoe hulle die babakamer wil versier.

“Ons dink nog aan name, maar ek was net te bly om te hoor ons kind is gesond en dat ons nou nog meer opgewonde kan wees daaroor, en vir meer mense kan vertel. Die moeilikste was om die nuus stil te hou.”

Bekendes soos Arno Jordaan, Neels van Jaarsveld, Reynard Hugo, Ramey Short, Tracey Lange en Liza Brönner het vir Robbie en Lynn in sosiale media geluk gewens.

Die paartjie is in 2015 getroud en het vroeër vandeesmaand hul derde huweliksherdenking in die Thakadu-rivierkamp in die Madikwe-wilreservaat in Noordwes gevier.

En was daar vanjaar rede om te vier met die dat hulle nou ook ouers gaan word!

Baie geluk julle twee!