Hy speel nou vir die Worcestershire-klub. 

Die twee het onlangs saam met hul seun, die eenjarige Khalid, Parys besoek en kon skaars stylvoller lyk.

aisha baker parnell,modeblogger
Ma Aisha en Khalid. Foto: Instagram/@bakedonline


“Ek het altyd gesê ek verstaan nie die ophef wat mense maak oor hoe dit is om met jou kinders te reis nie,” het Aisha op Instagram geskryf.

Sy het onlangs die Forbes Afrika se 30 Onder 30-lys gehaal vir innoverende presteerders en entrepreneurs onder 30.

aisha baker parnell,modeblogger,khalid
Klein Khalid geniet sy tydjie in Europa. Foto: Instagram/@bakedonline

“Dit het vir my stresvoller as enigiets anders gelyk, maar om die wêreld deur Khalid se oë te beleef is iets waarvan ek net nie genoeg kan kry nie.”

aisha baker parnell,modeblogger
’n Stylvolle Aisha in die strate van Parys. Sy het Forbes Afrika se 30 Onder 30-lys gehaal vir innoverende presteerders en entrepreneurs onder 30. Foto: Instagram/@bakedonline

“As volwassenes mis ons uit op die eenvoudige dinge in die lewe. Dan kom ons kinders en herinner ons dat ons elke oomblikke moet geniet,” het sy bygevoeg.