“Alaia en Ireland is in die trougeselskap,” het Hailey (21) se tante Kim Basinger gesê met verwysing na Alaia Baldwin (25), die toekomstige bruid se ouer suster, en Ireland Baldwin (22), haar niggie.

Die 64-jarige aktrise – wat in 2002 van Ireland se pa en Hailey se oom, Alec Baldwin, geskei is – erken sy weet nie veel oor Justin nie, maar dink die 24-jarige Sorry-sanger is ’n “koel ou”.

“Ek dink hy het ’n moeilike tyd agter die rug. Hy’s ’n baie koel kind. Ek bid vir hulle. Ek hoop hulle is oukei. Ek hoop hulle is gelukkig. Ek dink dis wild!” het die L.A. Confidential-aktrise gesê.

Kim Basinger. Foto: Gallo Images/Getty Images

Kim se kommentaar kom ’n week nadat berig is die gelukkige paartjie hoop om iewers in volgende jaar op ’n intieme seremonie voor familie af te haak.

“Hulle wil volgende jaar trou. Albei se families is nou betrokke by die proses en hulle wil nie ’n groot gedoente hê nie. Dit sal nie oordadig wees nie,” het ’n bron onlangs verklap.

Alaia Baldwin (links) , die toekomstige bruid se ouer suster, en aar niggie, Ireland Baldwin. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ons kan nie wag vir die troukiekies nie.

Bron: DailyMail.co.uk