Theodore, wat 14 jaar lank die rol van Xander vertolk het, en sy verloofde, ’n prokureur en boorling van die Swartlanddorpie Malmesbury, gaan op 21 Desember op ’n wildplaas in Limpopo afhaak. 

tammy van der merwe,theodore jantjies
Tammy en die akteur Theodore Jantjies is al 14 jaar in 'n verhouding. Foto: Verskaf

Die akteur het in September verlede jaar na 14 jaar saam die grootvraag by die Dinokeng-natuurreservaat in Gauteng gevra met ’n pragtige Afrika-sonsondergang in die agtergrond.

Tammy van der Merwe wat saam met Theodore en hul eenjarige seuntjie, Shiloh, in Johannesburg woon, het onlangs haar kombuistee by haar ouerhuis op Malmesbury gehou. 

View this post on Instagram

//..my fiance + my son = ?? #mybloed #mygetuies

A post shared by TheodoreJantjies777 (@theodore_jantjies) on

Dié spesiale dag is later met haar henne­party op Langebaan afgesluit.

tammy van der merwe,theodore jantjies,henneparty
Sy kan nie glo hul troudag is so naby nie. Foto: Verskaf

“Ek kan nie glo ons troudag is so naby nie. Ek is beslis reg daarvoor; ek is al 14 jaar reg,” sê Tammy opgewonde. “My henneparty het my verwagtings oortref. Dit was baie lekker.”

tammy van der merwe,theodore jantjies,henneparty
Tammy het die partytjie saam met (van links) haar vriende ­Xanthus Viljoen en Chandré Blauw en skoonsus Erica van der Merwe gehou. Foto: Verskaf

“Die beplanning van die troue was ook baie maklik. Ek en Theo het van die begin af geweet wat ons vir ons groot dag wou hê. Theo het natuurlik geen stres. Hy is so chilled en dit is goed, want dit komplimenteer my wat baie stres,” sê sy. 

Theodore, wat by die huis na klein Shiloh gekyk het, het op Tammy se henneparty in ’n brief aan haar laat weet: “Ek is ’n bleddie gelukkige man. Geniet die dag met spesiale mense en moenie bekommerd wees oor ek en Shiloh nie.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.