“Ek was vir ’n kort rukkie in Suid-Afrika. Ek moes eers afsonder, want dis die verantwoordelike ding om te doen as jy gereis het,” sê Zozi.

“Familie is my alles. Wanneer ons bymekaarkom, is dit altyd ’n goeie tyd. Die afgelope jaar was vir almal moeilik. Mense het geliefdes verloor, en dit het my geleer om die mense na aan my hart te koester en elke sekonde saam met hulle te laat tel.”

Zozi was ook in Oos-Londen en die Kaapstad-omgewing.

BENE VIR AFRIKA

“Ek is net hier om (’n foto) van my bene te deel!” het Zozi geskryf by ’n Insta-foto waar sy op ’n trap poseer.

Foto: Instagram (@zozitunzi)
Foto: Instagram (@zozitunzi)

BIKINILYF

Oe-la-la!

“Draai jou gesig na die son en die skaduwees sal jou nooit vind nie. Of lê net langs die swembad. Hoe ook al, lyk hardekwas terwyl jy dit doen!” skryf Zozi by ’n foto waar sy in ’n blou bikini langs die swembad lê.

En hoe bly sy so viets? “Ek wens ek het ’n opwindende roetine gehad om te deel, maar ek sou jok as ek sê ek oefen. Ek was lank laas in die gim, maar ek hoop om binnekort terug te keer sodra dit weer veilig is.”

Foto: Instagram (@zozitunzi)
Foto: Instagram (@zozitunzi)

MEJ. STYL

Zozi se modekeuses tydens haar vakansie hier in Suid-Afrika het die koppe laat draai. Vir een uitstappie het sy in ’n vloeiende satynrok gepryk en dit met hoë hakke en ’n modieuse hoed afgerond.

“Ons koningin,” het ’n Insta-volgeling laat hoor.

Foto: Instagram (@zozitunzi)
Foto: Instagram (@zozitunzi)

GEMAKLIK TUIS

Zozi geniet die stilte van haar tuisdorp, Tsolo.

Foto: Instagram (@zozitunzi)
Foto: Instagram (@zozitunzi)

A IS VIR ADRENALIEN

Daar was ook tyd om avontuurlustig te wees. Zozi het onder meer op Hermanus in die Wes-Kaap kwadfiets gaan ry.

Tog het sy in een Instagram-plasing gesê sy’t “gehuil” toe sy die hindernisbaan sien. “Ek is beslis nie dié meisie nie. Maar dit was pret.”

Foto: Instagram (@zozitunzi)
Foto: Instagram (@zozitunzi)

Vir nou kyk die Oos-Kaapse skoonheid net vorentoe en tel haar seëninge.

“Ek is geseën met ’n verrykte lewe en ’n geleentheid waarvoor ek ewig dankbaar is. Ek is nou opgewonde om te sien waarin dit sal blom en in watter ander gebiede ek spasies sal opneem.”

5 dinge wat Zozi die meeste van SA mis
  1.  My familie en vriende
  2.  Die kos
  3.  Die verskillende kulture
  4.  Ons pragtige landskappe
  5.  Het ek die kos genoem?
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.