Lauren Joseph

Lauren Joseph. Foto: Verskaf
Lauren Joseph. Foto: Verskaf

Lauren, wat die rol van Zoë in die sepie Suidooster vertolk, het TikTok afgelaai voor dit so gewild was soos nou.

“Ek het dit afgelaai omdat ek gehou het van die konsep en vryheid daaragter. En toe ek eers begin om video’s op te neem, het ek besef hoe mal ek daaroor is,” vertel Lauren.

Sy wou nog altyd in die geheim “TikTok-famous” wees, sê sy met ’n lag in die stem.

@lauren.joseph73

When they ask me to admit it.

? original sound - staxkz.godd

En nou is sy. Lauren spog reeds met 38 300 volgelinge en 239 000 “likes”.

Vashti Prins

Vashti Prins. Foto: Verskaf
Vashti Prins. Foto: Verskaf

Die Kaapse aktrise, wat saam met Lauren in die sepie Suidooster as die karakter Danni te sien is, se skreeusnaakse TikTok-video’s kielie gereeld haar volgelinge se lagspiere.

Sy het die app tydens inperking afgelaai omdat sy verveeld was.

“Ek het besef ek is mal daaroor toe ek dit eers verstaan, want jy sukkel om pret te hê as jy dit nie verstaan nie,” vertel Vashti.

Vir haar is dit ’n kreatiewe platform wat mense op ’n lawwe en lighartige manier bymekaarbring.

@vashally.vp

It always happens????‍??

? original sound - thesribros

Vashti is weer terug op die stel van Suidooster, en daarom maak sy deesdae minder video's. 

Leah

Leah. Foto: Verskaf
Leah. Foto: Verskaf

Die sangeres en voormalige Boer soek ’n vrou-aanbieder se TikTok-video’s het vlam gevat toe sy en ’n vriendin kort voor inperking ’n “eenvoudige dansie” probeer leer het.

Hulle het op die ou end twee uur lank gelag.

@leahmusieksa

Lockdown made me do it... Started my own band! Have a good day ya’ll ?? ##weekendjam ##lockdownlife ##tunes ##standby ????

? sonido original - normaflores52

“Die lekkerste deel is wanneer jy eindelik die dansie of grappie regkry. Dit vat soms baie lank, maar ek geniet die verskeidenheid,” sê Leah.

@leahmusieksa

This was my first duet attempt... The surprise when you SORT OF get it ?? ##duet with @addisonre ##letsdoitagain ##addisonrae ##dance ##trying ##comedy

? Let's Do It Again - J Boog

Tydens inperking het haar video’s net snaakser geraak, in so ’n mate dat sy nou met meer as 80 000 aanhangers spog.

Arno Greeff

Arno Greeff. Foto: Instagram
Arno Greeff. Foto: Instagram

Dit is die alledaagse dinge waaruit die akteur Arno Greeff inspirasie vir sy video’s put.

“Op Instagram gaan alles oor hierdie mooi foto’s en om perfek te lyk. Ek hou van hoe eg TikTok is,” vertel Arno, wat tans in die plaaslike trefferreeks Blood & Water op die stroomdiens Netflix te sien is.

@arnogreeff

My first Netflix show releasing 20 May. BLOOD AND WATER

? original sound - arnogreeff

“Daar is heeltyd neigings waarvan almal deel kan wees, en ek voel daar is ’n groter mark vir mense op TikTok.”

Irene-Louise van Wyk

Irene-Louise van Wyk saam met haar man, Nicholas e
Irene-Louise van Wyk saam met haar man, Nicholas en hul dogter, Kelsey. Foto: Verskaf

“Ek voel TikTok is een van die positiewer sosialemediaplatforms; mense is baie kreatief daarop,” meen die sangeres Irene-Louise van Wyk.

Hoewel sy aanvanklik skepties was oor dié app waarop ’n mens kort video’s kan deel, is sy nou totaal en al verslaaf.

Irene-Louise se man, Nicholas, en hul nege maande oue dogtertjie, Kelsey, wys ook soms gesig in haar prettige video’s.

Huisgenoot Junior is op TikTok!

Volg @ChaneGrobler en @Huisgenoot op TikTok en doen Huisgenoot Junior se weeklikse #HGJuniorChallenge!

@chanegrobler

Doen die week se ##HGJuniorChallenge & tag @huisgenoot ??##huisgenootjunior @starburstpromotions @klerekas.com //##tiktoksouthafrica ##trend ##viral

? original sound - ....pua