Lee-Ann en haar man, die sakeman Nicky van der Walt, wat deesdae in Kaapstad woon saam met hul twee dogters, Gia (8) en Gabriella (4), het die naweek haar verjaardag by hul huis in Clifton gevier.

View this post on Instagram

??

A post shared by Lee-Ann Liebenberg (@leeann_liebenberg) on

Tagtig van haar naaste vriende het die makietie bygewoon. Dit het onder andere ingesluit die voormalige Mej. Suid-Afrika van 2001, Vanessa Carreira-Coutroulis, die Mooimaak-aanbieder Clare Wiese-Wentzel en haar buurman Jan Braai.

Lee-Ann het foto’s van die glansgeleentheid op Instagram gedeel. “Baie dankie dat julle my verjaardag so spesiaal gemaak het; ek het dit werklik geniet,” skryf sy.

Al het die partytjie nie ’n tema gehad nie, beplan sy ’n Miami-temapartytjie vir later vandeesmaand.

“Ons hou baie van partytjies reël; daarom sien ek baie daarna uit,” sê Lee-Ann.

Sy het ook op haar verjaardag ’n foto gedeel van haar pa, Allen, wat in Julie vanjaar in die ouderdom van 67 oorlede is, met die byskrif: "Wens jy kon my vanaand vashou."

Lee-Ann het op Instagram roerend hulde gebring aan haar pa kort ná sy dood.

"Hy was ’n wonderlike vriend vir so baie mense en ’n groot bron van krag vir almal wat hom geken het," het sy geskryf.

Sy't ook vertel hoe hy haar "beste vriend" was en "die wonderlikste oupa" vir haar dogters.

"2018 was ’n verskriklike jaar vir my omdat ek my pa verloor het," vertel Lee-Ann aan Huisgenoot.

View this post on Instagram

I never would have let you go............

A post shared by Lee-Ann Liebenberg (@leeann_liebenberg) on

"Ek hoop 2019 sal makliker wees terwyl ek probeer vrede maak met die lewe sonder hom.

"Ons maak ook ’n groot verandering in Januarie, iets waarna ek baie uitsien,” vertel sy. Meer wil sy nie verklap nie.