Anders as jou gewone troue het die feestelikhede al om halfsewe die oggend begin. Ná ’n pragseremonie is die onthaal met ’n vonkelwynontbyt gevier.

Dit was vir die paartjie ’n hoogtepunt om troufoto’s saam met die olifante van ­Zemvelo Adventures in die Askari-wildreservaat te neem. Foto: Daniel West

Die paartjie het met behulp van spanwerk hul troue in net agt weke gereël. Familie en vriende het hand bygesit met die take, van die dekor en blomme tot die tafelplasings.

Camilia, ’n sakevrou, het asemrowend gelyk in ’n eenvoudige wit rok deur Gerrit Pienaar, terwyl Robbie deftig uitgevat was in ’n pak van SmartGuy.

Hulle het nog nie wittebroodplanne getref nie omdat Robbie nog van ’n kniebesering herstel, maar beplan om binnekort op Mauritius uit te span.