Die aankondiging is deur haar dogter, die aktrise Jenna Dunster op Facebook gemaak waarin sy roerend die dood van haar ma bevestig het.

Luidens die inskrywing, vertel Jenna dat sy en haar pa, Wilson Dunster, aan haar ma se sy was met haar heengaan.

Volgens Jenna het haar ma geen pyn gehad met haar afsterwe gehad nie.  

Elize Dunster (nee Cawood) passed this morning at 09.19. She was diagnosed with lung cancer in September and fought...

Posted by Jenna Jo Dunster on Saturday, July 18, 2020

“Ons wêreld sal nooit dieselfde wees sonder haar nie, maar ons vier vandag die besonderse mens wat sy was,” het Jenna aan Elize se familie, vriende en aanhangers geskryf. 

Ná meer as vier dekades in die vermaakwêreld, het Elize in ’n vorige onderhoud met Huisgenoot verklap dat die dae op die verhoog nie makliker geraak het nie.

“Agter daai gordyn bewe ek soms voor ons begin. ’n Mens twyfel altyd,’’ het die erken die aktrise wat die rol van ’n ma met kanker in Skemerson moes vertolk. 

View this post on Instagram

I've missed these two terribly. #parents

A post shared by Jenna Dunster (@jenna_dunster) on

Sy kon met die karakter identifiseer, nie net as kankerlyer nie, maar ook as ma, het Elize gesê, wat ook ‘n seun, Lukas, agterlaat die ma van twee kinders.

Die uitdagings van ’n ernstige rol soos dié het haar nie afgeskrik nie, selfs al het dit haar herinner  aan haar eie ervaring toe servikskanker in 2006 by haar gediagnoseer is.Sy het destyds bestraling en chemoterapie ondergaan.

“Ek het sleg gevoel, maar my hare het nooit uitgeval nie,” het sy in die onderhoud vertel. “Ek verstaan dalk die karakter 'n bietjie beter as iemand wat nie (siek) was nie.”

Elize het haar in die karakters wat sy vertolk het, ingeleef en haar hart voor die kameras uitgestort. “Ek is nooit bang om met karakters na daai emosionele plek te gaan nie. Ek doen dit net,” het sy verklap. 

Sy het ook onthul: “Om mense te laat lag, dis wat my in ’n koue sweet laat uitslaan.”

Jenna het familie en vriende bedank vir hul ondersteuning en liefde, maar versoek dat die familie se privaatheid in hierdie tyd gerespekteer word.