Onlangs het Micheál, die seun van die veteraanakteur Liam Neeson (68), sy hartseer oor die verlies van sy ma gedeel.

Natasha (45) is oorlede weens bloeding op die brein nadat sy gedurende ’n skivakansie in Quebec, Kanada, geval en haar kop gestamp het. 

“Dit was so skielik,” het Micheál (25) aan The Times gesê.

“So ’n fratsongeluk mors met jou kop, of jy nou in die noodlot glo of nie. Dit kan jou verward maak; daarom klou jy net aan die herinneringe vas.”

Micheál het onlangs sy hartseer oor die verlies va
Micheál het onlangs sy hartseer oor die verlies van sy ma gedeel. Natasha is in 2009 oorlede weens bloeding op die brein. Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Soos haar lag, haar energie in enige vertrek of haar kookkuns. Sy was ’n wonderlike, wonderlike ma,” het hy gesê. “Ek wens ek kon net ’n volwasse gesprek oor dinge soos die bedryf of musiek met haar hê.”

Liam, die ster van Taken-faam, het Natasha in 1993 ontmoet toe hulle saam aan die Broadway-produksie Anna Christie gewerk het.

Hulle is die jaar daarna ge­troud en het twee seuns gehad, Micheál en Daniel (24).

Die Taken ster het onlangs bekendgemaak dat die fl
Die 'Taken'-ster Liam Neeson het onlangs bekendgemaak sy fliek 'Made in Italy' het herinneringe van sy ontslape vrou, Natasha Richardson, teruggebring. Foto: Gallo Images/ Getty Images

"Ek was in my grootwordjare ’n mamma-se-seun en sy was regtig my beste vriend. Ons almal was baie na aan mekaar, maar Danny was my pa se seun, en ek my ma s'n, verseker."

’n Betekenisvolle manier wat Micheál gekies het om sy ma te onthou, was om Richardson as sy verhoognaam te gebruik.

“Dit was hoofsaaklik as ’n huldeblyk aan my ma, ’n manier om haar saam met my te dra,” sê hy. “Om onder haar naam in die bedryf te werk inspireer my en bring vertroosting.”

Die jong akteur verskyn saam met sy pa in die komedie Made in Italy, wat handel oor ’n kunstenaar (Liam) wat saam met sy vervreemde seun (Micheál) van Londen na Italië reis om die huis van sy oorlede vrou reg te maak nadat sy in ’n motorongeluk gesterf het.

Micheál met sy tannie, Joely Richardson. Foto: Gal
Micheál saam met sy tannie, Joely Richardson. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Hoewel Liam aanvanklik bekommerd was oor of sy seun weer die trauma gaan herleef tydens die skietery, het die projek Liam gehelp om die trauma te verwerk. 

“Weet jy, mense verloor geliefdes. Dit is deel van die lewe en daar was baie mense wat betrokke was by die projek wat ook geliefdes verloor het. So daar was die regte tipe warm, kwesbare energie op die stel,” het Liam vertel.

Micheál erken dis moeilik vir sy familie om oor die tragedie te praat. Dis hoekom hy sy ma op sy eie manier vereer.

“Dit is maklik om weg te skram van die rouproses af. Dit is so pynlik moeilik om iemand na aan jou te verloor dat dit soms net maklik is om dit onder die mat te vee.

“Dit is wat my pa gedoen het. Ek is nog steeds besig om dit uit te vind.

“Die een nuttige ding wat ek geleer het, is om mense in jou gedagtes te hou en hulle te eer op enige manier wat jy kan.”

BRONNE: VANITYFAIR.COM, CNN.COM, TIME.COM, DAILYMAIL.CO.UK, PEOPLE.COM, THETIMES.CO.UK, BELFASTTELEGRAPH.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, TODAY.COM, THESUN.IE, POPSUGAR.COM

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.