Te oordeel na die talle glansmense wat die afgelope maand verloof geraak het, was Kupido besonder bedrywig.

Van die kassie tot die kansel

Adriaan Geldenhuys en Helene Retief. Foto: Facebook

Nog ’n paartjie wat in die eerste lentemaand verloof geraak het, is Adriaan Geldenhuys en Helene Retief.

Hulle het mekaar ontmoet en liefde gevind toe Adriaan aan verlede jaar se seisoen van Boer Soek ’n Vrou deelgeneem het.

Jawoord op ’n spesiale bankie

Liezel Chambers en Christian ­Bennett. Foto: Facebook

Hulle het ontmoet toe Liezel Chambers drie jaar gelede by ’n trap afgegly en hy haar gevang het voor sy die grond sou tref.

“Ek het gesê sy skuld my ’n date nadat ek haar lewe gered het,” spot die akteur Christian ­Bennett, wat eersdaags die rol van Emile in die nuwe ­kykNET & Kie-­drama Arendsvlei gaan vertolk.

Die paar­tjie, wat ook die ouers is van die eenjarige Phoenix ­Bennett, Suidooster se oulike Stella, het op hul eerste afspraak op ’n bankie op Gordonsbaai gesit en op die see uitgekyk.

Op 8 September vanjaar is hulle terug na dié spesiale bankie, waar Christian haar toe met die groot vraag verras het. 

“Ek moes twee keer vra; sy kon dit nie glo nie,” vertel hy.

Rugbybreker op pad kansel toe

Juan de Jongh is amptelik van die mark af.

Die voor­ma­lige Stormers-kaptein het sy meisie, ­Simone Lourens, die jawoord gevra en trots op Instagram laat hoor: “Ek het nou ’n verloofde.

Seekoeie verras toe hy jawoord vra

Theodore Jantjies, bekend vir sy rol as Xander Meintjies in 7de Laan, sê hy en sy prokureurmeisie, Tammy van der Merwe, wou albei lankal verloof raak.

“Die beplanning en die koop van die ring het my op ’n ander energievlak gehad. Dit is ’n hele nuwe ding in jou lewe om na uit te sien.”

View this post on Instagram

//..alles ??

A post shared by Theodore ???? (@theodore_jantjies) on

Tammy het ’n traantjie gepink toe hy haar by die Haywardlodge in die Dinokeng-­natuurreservaat in Gauteng die jawoord vra.

“Sy het nog nooit ’n seekoei gesien nie en het gesê dit sou so spesiaal wees as sy daardie aand een kon sien,” sê Theodore, wat al 14 jaar in ’n verhouding met Tammy is.

Die oomblik toe hy haar vra om te trou, het ses seekoeie verbygeswem.

Leeukopliefde

In die kykNET-regsdramareeks Fynskrif het hul verhouding op die rotse beland, maar in die regte lewe is die akteurspaar Carel Nel en Cin­taine Schutte op pad kansel toe.

Hulle het op Leeukop in Kaapstad met ’n piekniek en vonkelwyn sewe jaar as ’n paartjie gevier toe Carel die jawoord vra.

View this post on Instagram

En toe sê ek JA! ?

A post shared by Cintaine Schutte (@cintaineschutte) on

“Ek het van vreugde begin huil. Hy moes in ’n stadium stop en vra: ‘Het jy nou ja gesê?’, want hy kon nie my antwoord deur my trane hoor nie,” borrel Cin­taine.

Kim sê ja

Die Fynskrif-aktrise Kim Cloete spog met ’n verloofring nadat die akteur en stem­kunstenaar Murray Todd haar op ­Hermanus om haar hand gevra het.

View this post on Instagram

I said yes, of course...#sooovol

A post shared by Kim Cloete (@kim_cloete) on

Kim, wat die kykNET-­sepie Binnelanders op 24 Mei ná ongeveer twee en ’n half jaar gegroet het, het ’n foto van haar pragring met ’n akwamarynsteen op Instagram gedeel en geskryf: “Ek het natuurlik ja gesê.”

Stem vir die Tempo’s!

Theodore het nog ’n rede om verheug te wees.

Hy is benoem vir ’n gesogte Huis­genoot­-­Tempo-toekenning in die afdeling sepie-akteur van die jaar.

Ander benoemdes is 7de Laan se André Lotter, Binnelanders se Hykie Berg en Reynardt Hugo, Suidooster se Irshaad Ally en Sean van Noordwyk van Getroud met Rugby. 

Stem aanlyn of per SMS vir jou gunstelingbenoemde.