Dié vier bekendes, wat gereeld reis, vertel van die vreemdste goed wat hulle al op hul avonture regoor die wêreld geëet het. 

Armand Aucamp

Some authentic Sri Lankan cooking with @dobleila and our host family! #SriLanka #cooking101

A post shared by A R M A N D - A U C A M P (@armandaucamp) on

Die Boekklub-akteur erken hy is ’n avontuurlustige eter. Na matriek het hy na Kambodja, Viëtnam en Thailand gereis en alles beproef. 

“Ek het slangsop geëet van slange wat in rysvelde gevang is, gewas is in die rivier en dan voor my opgesny is en in ’n pot gegooi is.”

Hy bieg ook dat hy op hierdie reis hond geëet het. Gril!

Tracey Lange

Vir die Dancing with the Stars SA-aanbieder Tracey Lange is daar een dis wat nog steeds by haar spook.

“In Rome verkoop die straatsmouse ’n tipe neut wat hulle gaarmaak. Dit het heerlik gelyk en ek en my vriendin het besluit om dit te probeer,” sê Tracey.

“Dit was aaklig,” vertel sy en voeg by dat hulle steeds nie weet presies wat dit was nie.

Reynard Slabbert

2 #pinacoladas- one for each hand. Fun in the sun.

A post shared by Reynard Slabbert (@reynardslabbert) on

“Ek het op ’n stadium in Zambië in die bos gebly as ’n sendeling,” vertel dié Bravo!-aanbieder.

Reynard se nuuskierigheid was geprikkel toe hy hoor mense daar eet muise.

“Hulle het vir my spesiaal muise in die veld gaan vang en was baie opgewonde toe hulle die aand laat daar aankom met ’n potjie vol muise, tamatie en uie wat gebraai is,” vertel Reynard.

“Ek het nogal langtand geëet, maar die ervaring was vir my lekker.”

Lynelle Kenned

Laal Baba & Lyn ?? #tribe #holycity

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Die Pasella-aanbieder en operasanger het slang en skerpioen in Kambodja geëet.

“Dit was meer ’n interessantheid as ’n maaltyd, en dit het na droë hoender gesmaak,” onthou sy. 

Wen tot R5 000 met Caltex
Het jy al vir ons Caltex-kompetisie ingeskryf? Dit kan die maklikste manier wees om geld vir die vakansie in die hande te kry! Staan ’n kans om elke week vir die volgende drie weke R5 000 te wen – of wen die groot prys van R10 000 in die laaste week van die kompetisie! Maak eenvoudig net seker jy gooi brandstof ter waarde van R300 of meer by Caltex in, hou jou strokie en skryf hier in. Die kompetisie is van 19 Maart tot 16 April 2018.