Maar terwyl die beweging haar tydgenote aan die praat gekry het, het dit Lindsay Lohan duidelik koud gelaat. 

Die Mean Girls-ster (32) het woede ontketen ná haar onlangse onderhoud met The Times. Daarin het sy taamlik kwaai woorde gehad vir vroue wat oor hul #MeToo-ervarings gepraat het.

Hoewel sy sê sy gee om vir mishandelde vroue en respekteer dal almal situasies verskillend hanteer, verdra sy nie “aandagsoekers” nie en voeg sy by vroue moet sulke voorvalle dadelik aanmeld, berig People.

“Ek kan nie praat oor iets wat ek nie beleef nie, of hoe? Kyk, ek is baie ondersteunend van vroue. Almal beleef hul eie ervarings op hul eie manier.

“Jy maak dit ’n ware ding deur dit ’n polisieverslag te maak. 

“Ek gaan myself regtig daarvoor haat dat ek dit sê, maar ek dink vroue wat teen die goed uitpraat . . . dit laat hulle swak lyk terwyl hulle baie sterk vroue is.”

Haar kommentaar het ’n stortvloed kritiek op Twitter ontlok, waar gebruikers haar die aandagsoeker genoem het. 

Dit is nie die eerste keer dat Lindsay omstredenheid veroorsaak oor vroue wat oor seksuele aanranding uitpraat nie. 

In Desember 2017 het die aktrise ’n Instagram-video gelaai waarin sy Harvey Weinstein verdedig het nadat berigte van sy seksuele wangedrag aan die lig gekom het. Tientalle A-lyssterre het in daardie stadium oor sy beweerde seksuele mishandeling na vore gekom, berig BBC

Op die video, wat sedertdien verwyder is, het sy gesê: “Ek voel nou baie sleg vir HW. Ek dink nie dis reg wat aangaan nie. Ek dink Georgina moet standpunt inneem en haar man ondersteun,” berig Insider.

Lindsay werk glo aan ’n werklikheidsreeks wat in Griekeland afspeel. Die naam van die program en nog inligting daaroor is nog nie bekendgemaak nie, berig The Hollywood Reporter.

Bronne: The Times BBC, The Hollywood Reporter, Insider, People