Luidens hofdokumente wat die kitaarspeler vandeesmaand voor sy skei- en toesigverhoor teen Lisa (52) ingedien het, is hy bekommerd oor Harper en Finley, wat by hul ma woon.
“Lisa Marie Presley se seun het homself in haar huis doodgemaak,” sê hy in die dokumente.
“Met alle nodige simpatie en respek skep dit ’n nuwe en onopgeloste tweeledige probleem: die veiligheid van die kinders en die groter kans dat Presley weer in ’n dwelm- en drankgewoonte kan verval.”
Benjamin (27), Lisa se seun by haar eksman, Danny Keough, is verlede maand oorlede. Mense in die binnekring sê die verlies het haar “hartseer, ontroosbaar en verpletter gelaat”.
Die dogter van die musieklegende Elvis Presley het al erken dat sy in die verlede aan pynstillers en opioïede verslaaf was. Sy het toe gesê sy is “dankbaar dat sy vandag nog leef”.
BRONNE: USMAGAZINE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, INDEPENDENT.CO.UK, PEOPLE.COM, VARIETY.COM
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET