Dit is maar net van die dinge wat vlak 3 van die inperking beteken. Hier is wat bekendes oor Suid-Afrika se jongste fase van inperking te sê het:

FRANCOIS JACOBS

Vir die Voëls se Francois Jacobs het saam met vriende, onder wie Altus Theart van Getroud met Rugby, van vroegoggend voor die drankwinkel gesit om van die eerstes vir 'n dop te wees toe dit van 1 Junie weer wettig geword het.

"Hier sit die manne... #earlybirdgetstheworm #level3 #onelifeliveit" is sy inskrywing op Instagram

KAREN ZOID

Die Afrikaanse rock chick omskep minister Nkosazana Dlamini-Zuma se toespraak oor die gevare van "zol" in 'n oorwurm. Sy kondig ook op Facebook aan dat haar Mothership Studios op Philadelphia in die Swartland nou weer op vlak 3 oop is om onder ander musiek op te neem.









MELANIE DU BOIS

Die aktrise en aanbieder skryf op Instagram oor haar dogter, Roxy, wat terug is by die skool. “And like a true warrior she is put on her mask and sanitizer.”

NEIL SANDILANDS

Die Hollywood-akteur vra op Facebook vir iemand om die lockdown vir hom te verduidelik. En is baie geheimsinnig oor ’n projek waaraan hy saam met Theo Crous by sy ateljee in Bellville werk.

KARLIEN VAN JAARSVELD

Die sangeres wys in ’n video op Facebook hoe opgewonde sy is om weer heeldag buite die grense van hul huis te oefen. Haar bestuurder-ma, Ronel Brink, lag lekker vir die lawwigheid met manlief, Joe Breytenbach, wat toekyk.

ZELDA LE GRANGE

Die sakevrou en voormalige persoonlike assistent van Madiba vat maatskappye aan wat nou pryse van goedere opstoot om te vergoed vir verliese die afgelope twee maande.

Zelda le Grange se tweet.
Zelda le Grange se tweet.

DJ FRESH

Die radiopersoonlikheid deel ’n video van mense wat al dansende 'n drankwinkel binnegaan met 'n musiekgroep wat saam vier.

WILLEM BOTHA

Actual footage van Seven se gesig toe sy hoor dat die drankwinkels vandag oopmaak,” skerts die sanger oor sy hondjie op Instagram.

DIE ANTWOORD

Ninja en Yolandi Visser bewys hul liefde in die tyd van corona.

DR ADÉ VAN HEERDEN

Die Mej. Suid-Afrika 2017, mediese dokter en luitenant in die weermag, bring saam met haar kêrel, Alexander Forsyth-Thompson, hulde aan ’n vriend wat aan bloedkanker dood is.