Bekende model

Die 20-jarige beskryf hom op sy Instagram-profiel, waar hy meer as ’n miljoen volgelinge het, as ’n “stilis-entrepreneur-kampioen”. Hy het al saam met beroemde modeontwerpers soos Hugo Boss en Dolce & Gabbana gewerk.

Back at it. Something in the works for the end of this month. Watch out.

A post shared by Mr. Fallback (@lukasabbat) on

Jong romanse

Die ster is deesdae groot vriende met die supermodelle Kendall Jenner (22) en Bella Hadid (21). Vroeër is selfs geskinder dat Luka en die stylvolle Bella uitgaan.

Stylvolle ster op kassie

Luka Sabbat is tans te sien in die rol van die koel en modieuse Luca Hall in Grown-ish, ’n uitloper van die gewilde komediereeks Black-ish. Luca is die jong model se eerste groot rol.

MET

A post shared by Mr. Fallback (@lukasabbat) on

Mode gehaat

Luka noem op sy webtuiste hy het niks daarvan gehou om voor die kamera te wees nie. ‘Ek het die kamera en mode tydens my grootwordjare gehaat; dat ek hier beland het, is ironies,’ sê hy.

Kanye-model

In 2015 was hy selfs een van die modelle in die Amerikaanse rapper en modeontwerper Kanye West se vertoning van sy Yeezy Season 1-herfs/winterreeks tydens die New Yorkse Modeweek.

A post shared by Mr. Fallback (@lukasabbat) on

Stilis uit modehoofstad

Sy modesin kom van sy grootwordjare. Hoewel hy in New York gebore is, het die akteur in Parys, die wêreld se modehoofstad, grootgeword. Sy ma, Jessica Romer, was lank ’n stilis vir Galliano en Dior. Luka se pa, Clark Sabbat, is ’n modeontwerper. Sy ma is deesdae ’n sjef.

The yellow cab thing paid off, You can't hop in this time though.

A post shared by Mr. Fallback (@lukasabbat) on

Kyk dit! 

Die Grownish-reeks word Donderdae om 19:30 op 1Magic (DStv- kanaal 103) uitgesaai.

Bronne: Vogue.com, Popsugar.com, NYtimes.com.