Sy jongste liedjie is in Engels.

“If I could trade tears in for smiles, don’t you think that I would?” is ’n refrein uit die liedjie Look Away.

“Ek dink ek het my klank vind,” vertel Joe aan huisgenoot.com. “Ek gaan dit so invleg in my Afrikaanse musiek ook. Ek sien baie uit na daardie nuwe dimensie in my musiek.

Luister hier:

Joe het die liedjie geskryf saam met Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties en dis vermeng deur Dane Taylor. Dis die eerste enkelsnit van sy nuwe album, Just Be There.

Hy belowe darem hy gaan nie sy Afrikaanse aanhangers afskeep nie. Hy wil ’n balans vind tussen die Afrikaanse en Engelse markte.