Wilson (46), die akteur van Legally Blonde-faam se Toyota-nutsvoertuig was een van verskeie voertuie wat verlede maand in Pacific Palisades, Kalifornië, deur ’n Ferrari getref is.

Luke Wilson Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die sportmotor se bestuurder, Mark Gibello (71), het beheer verloor en is dood.

Sy passasier, die gholfspeler Bill Haas (35), het geringe beserings opgedoen. Luke, wat nie seergekry het nie, het uit sy motor gespring om ’n onbekende vrou uit haar voertuig te help.

Bill Haas was in die Ferrari wat die ongeluk veroorsaak het; die bestuurder is dood. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die vrou se been het vasgesit nadat haar motor omgeslaan het.

Hy het ’n ooggetuie, Sean Heirigs, gehelp om die 50-jarige vrou so vinnig moontlik uit haar voertuig te kry omdat hulle bekommerd was dit slaan aan die brand. “Luke was die held; hy het die leiding geneem,” sê Sean.

Bronne: Dailymail.co.uk, usmagazine.com, capecod.com, tmz.com, pagesix.com, eonline.com, refinery29.com