In ’n ruim vertrek waar die Kaapse son deur die vensters skyn, lê ’n matras en kussings op die houtvloer met kerse daarom gepak. Die geur van jasmynwierook hang in die lug. 

Lynelle Kenned sit kruisbeen en kaalvoet op die matras. Haar somerrok klok in ’n kring om haar uit. TV-kykers het haar leer ken as die krulkop-aanbieder van die televisieprogram Pasella wat so lekker kan lag.

En deesdae is sy weer op die kassie as aanbieder van Uit die spens, ’n nuwe kosreeks op VIA (DStv-kanaal 147). Liefhebbers van opera en musiekspele luister in vervoering na haar sopraanstem. Daarby is sy ’n bekroonde aktrise wat binnekort by die KKNK op Oudtshoorn op die verhoog te sien sal wees in die toneelstuk Queenie-hulle.

Maar al ry Lynelle (31) op die kruin van die suksesgolf, het sy ook al die skadukant van die lewe leer ken – en oop kaarte daaroor gespeel. Aan die einde van 2016 het sy ’n inskrywing op haar Instagramblad geplaas wat haar lewe soos handomkeer verander het.

“Daardie dag was die eerste keer dat ek aan die publiek oopgemaak het oor wie ek werklik is. Ek het gebieg oor my complete breakdown ná my ma se dood, my depressie, die donker nagte en angsaanvalle,” sê sy en bly ’n oomblik stil.

Kanker het byna vyf jaar gelede die lewe van haar ma, Christine (52), geëis. Dan, sonder die skaamte en skuldgevoel wat sy so lank heimlik met haar saamgedra het, sê sy: “Daardie dag het ek ook oor my seksverslawing geskryf.”

Lynelle Kenned en haar ma
Lynelle en haar ma, Christine, in 2009. Haar ma se dood in 2015 het Lynelle tot ’n keerpunt in haar lewe gebring. Foto: Verskaf

Daarmee wou sy die stigma om depressie, angs en verslawing afbreek. Maar dit beteken nie sy was vreesloos nie.

“Ek was bang dit beïnvloed my loopbaan. Ek was bang wat mense in my bedryf, my vriende en aanhangers sou sê. Maar meer as dit, ek was bang wat my pa en boetie sou sê,” vertel Lynelle, wie se pa, Ralph (58), ’n priester in die Nuwe Apostoliese Kerk in die Paarl is.

Lynelle Kenned en haar pa
Lynelle se pa, Ralph, probeer om elke vertoning van sy dogter by te woon, en hy bel haar elke keer wanneer hy haar op TV sien. Foto: Verskaf

Sy is ook baie geheg aan haar jonger broer, Raven (27), ’n radiofrekwensie-ingenieur in Pretoria.

“Maar hoe meer ek myself begin vergewe het, hoe meer het ek besef wat ander mense van jou dink, het niks met jou te doen nie.”

Sy glimlag breed en gooi haar arms spontaan in die lug op.

“My geraamtes was uit die kas. Ek was vry van guilt en shame. Wat ek kon wen, was veel meer as wat ek ooit kon verloor.” 

View this post on Instagram

Raven is really, REALLY into sushi ????

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Een van haar sewe tatoes is ’n tand aan haar linkerpols. Elke keer dat sy dit sien, herinner dit haar aan haar oorlede ma, ’n tandheelkundige wat passievol was oor haar werk.

Christine is in Mei 2015 oorlede ná ’n jare lange stryd wat met velkanker begin en met breinkanker geëindig het.

“Ek het destyds die hoofrol in die musiekspel West Side Story vertolk.

Lynelle Kenned
Lynelle en Jonathan Roxmouth in die musiekspel West Side Story. Lynelle het die hoofrol van Maria in dié toneelstuk vertolk. Foto: Verskaf

My karakter, Maria, staan haar geliefde én broer aan die dood af. Dit was ’n intense rol en ek moes dit aaneen voor duisende mense vertolk.

“Ek kon nie oor my ma se dood rou nie. Ek het dit onderdruk, anders sou ek op die plek inmekaargesak het. En dít het my baie skade berokken,” vertel sy. 

Sy onthou hoe sy met die openingsaand, twee maande ná haar ma se dood, ’n bos blomme op ’n oop sitplek in die voorste ry van die Kunstekaapteater gesit het ter ere van haar.

“Daardie aand het ek gevoel sy was daar, dat sy na my op die verhoog kyk,” vertel Lynelle hier in die leefvertrek van ’n huis in Claremont, Kaapstad, wat sy met sewe ander mense deel.  

“Maar ses maande ná haar dood het klein dingetjies opgebou en opgebou en toe sweer dit uit. In my bedryf doen baie dwelms die ronde. Maar my verslawing was nie daaraan nie. My verslawing was aan verhoudings. Intimiteit. Seks. 

“Ek kon nie alleen wees nie. Ek was altyd in ’n verhouding en het my identiteit daarin gesoek. Ek wou fisieke liefde hê. Die hele tyd; die hele tyd.” 

View this post on Instagram

Love, Freedom and Aloneness I've been blessed to have the most exciting year so far, with many more exciting projects lined up to take me right into the next year. Work that stimulates, challenges and fills me with purpose. This is more than I could have ever dreamed of. But I am also becoming more aware of a recurring need to go find myself, by myself, in a far corner of the world. For weeks, perhaps months, on end. It happens more often nowadays, first starting out as a whisper, and intensifying until I can't ignore the call any longer. Call me what you wish - a lone wolf, a wanderer, an extroverted introvert. I just know that satisfying my need for Aloneness is the only way for me to function optimally in a career that sucks the marrow from one's bones when you're fully present and engaged. From Clarissa Pinkola Estés' "Women who run with the wolves": "Especially if you are an artist, surround yourself with persons who are understanding of your need for home, for chances are you will need, more often than most, to mine the psychic terrain of home to learn the cycles of creation. It is better to teach your people that you will be more and also different when you return, that you are not abandoning them but learning yourself anew and bringing yourself back to your real life." The past few months have seen me going through a major metamorphic cycle - Discovering my needs, desires and boundaries has been a revelation. Understanding how I need to give and receive love and still stay in alignment with myself, has been life changing. So much to live. So much to learn. Researching the different models of polyamory has given me an objective perspective and eradicated guilt about my reluctance to seek out a primary relationship, at least at this stage of my life. I now know that I identify most strongly with solo polyamory— a broad term typically used to refer to polyamorous people who are committed to their own autonomy. "I'm my own primary partner." Independence and having one's own space are the most important aspects of any of the multiple relationships one may nurture. [continued below]

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

In daardie stadium was Lynelle in ’n langafstandverhouding met ’n kunstenaar van Oos-Londen. Sy het toe voorgestel hulle moet ’n oop verhouding hê en ook met ander mense uitgaan.

“Maar ek het gou besef dis nie wie ek wou wees nie. Dit was vernietigend en ek wou dit nie aan iemand doen wat soveel vir my omgee nie. Ek wou meer kuier en meer drink. En toe knak ek.”

Soos ’n kaartehuis het haar wêreld inmekaargetuimel, sê sy. Al het sy moedig met haar loopbaan voortgegaan, was haar dae vol angsaanvalle en haar aande vol nagmerries. 

“Ek het toe ’n sielkundige begin sien, twee keer per week, en ek het besluit om 18 maande lank selibaat te wees. Stukkie vir stukkie het ek my lewe weer probeer aanmekaarsit.”

Al was haar pad na herstel lank en moeilik, het sy die dapper besluit geneem om haar ervaring met ander in die sosiale media te deel.

“Ek het dit gedoen om ander aan te moedig dat hul werklikheid kan verander as hulle hulself tot genesing toewy,” sê sy.

Sy is oorweldig deur die steun wat sy daarna uit alle oorde gekry het. Ook haar vrese dat dit haar loopbaan sou knou, was ongegrond. Sy het toe besluit om haar platform te gebruik om openlik met ander te gesels oor die uitdagings wat oor haar pad gekom het. 

“Ek moes net die pleister met een vinnige beweging afruk,” sê Lynelle, en dan lag sy vry en uitbundig met haar kop agteroor gegooi.

Buite die huis lê ’n lowergroen grasperk langs ’n blou swembad uitgestrek. Wanneer sy vir produksies voorberei, sal jy haar hier onder ’n boom aantref. In stilte. Want stilte en vrede is al wat sy nou najaag, sê sy.

Stap jy haar kamer binne in die huis waar sy die afgelope 18 maande woon, is haar leefstyl geensins wat jy van ’n bekroonde aktrise sou verwag nie. 

“Eenvoud is die grootste luuksheid wat jy jouself kan gee,” sê sy met ’n groot glimlag en wys na ’n dubbelbedmatras op die houtvloer, netjies met ’n groen blareduvet opgemaak.

View this post on Instagram

"There is in every woman a part that is desperate for a companion. I am no exception. But I have died twice to rid myself of the desperate woman who believed that a man is a price that should be secured at any risk. I have resurrected myself to the learning of how to be alone. I have introduced myself to my aloneness and made it an intimate friend. I loved my loneliness with the patience of a love that will last an eternity, and my loneliness has loved me back. This is how you become your own god, words whispered in solitude urged me that to become a god you have to be willing to crucify yourself, to bleed from every pore. In my aloneness, I created myself as a god worthy enough to be worshiped by me, so intimate she only needed to be resurrected in sacred places amongst close friends. I became intimate with all parts — all the unloved parts, the vilified parts, the attention-seeking parts, the shadow parts, the sexually deviant parts, and all the wrong parts — that make up this human called me. Because I have loved me, the undivided me, I grow impatient and easily bored by things that do not deserve me. You love me, but only some parts of me. You like the shallow things — small talk and other things like culture — that demand of a woman to protect the integrity of the man with her virtue. You ask me to smile and be nice, to never wear my skirt above the knee, to be calm and collected and very wise at taking shit with a happy smile. You love me, but only in the way you were taught to by people who did not love themselves. I was raised by a woman whose laughter sounded like tears, but I killed myself many times to rid myself of women like my mother. Women who believed that they needed to be women their husbands deserved, but never learnt that they too could reject and refuse anything unworthy and undeserving of them. I became my own messiah. But you want to be saved even without the conscious knowledge of your plea. You keep laughing, breaking my heart and calling for help with your painful laughter. I will not give you the salvation I paid for with my life for free. [Continued below]

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Op ’n boekrak staan ’n bonsai-boompie, enkele boeke en joernale en ’n bordjie wat lui: “Abundance”. Bo-op haar klerekas lê ’n swart tas waarmee sy nog die wêreld wil platreis.

In die afgelope paar jaar het sy na Indië, Portugal en Wallis gereis – vir musiekoptredes, meditasiewegbreke of om die 720 km van die Portugese Camino-pelgrimstog alleen te voet af te lê.

Terwyl sy poseer op ’n jogamat wat sy uit Indië saamgebring het, vertel sy sy het nie altyd so minimalisties geleef nie – sonder ’n TV-stel, rusbank of ’n ryding.

“In ’n stadium was ek ’n shopping freak. Maar ná my ma se dood het my hele wêreld ingetuimel. Alles wat ek geken het, sou nooit weer dieselfde wees nie.”

Hulle was ’n musikale gesin wat elk ’n instrument of twee kon bespeel. Lynelle, wat aan die Universiteit van Kaapstad se Operaskool studeer het, vertel haar pa deel haar liefde vir operamusiek.

“Hy bel my elke keer wanneer hy my pas op TV gesien het. Hy is trots op my.”

View this post on Instagram

Soaking in good vibes. ?? #energy #makingart

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Tog erken sy: “Vir my pa was dit aanvanklik moeilik om te aanvaar dat ek nie op die pad gebly het wat hy en my ma sou wou gehad het nie. But we’re getting there. Ons bou aan ’n gesonde verhouding.”

En ja, daar is iemand nuuts in haar lewe, ’n vriendskap wat moontlik nog tot ’n romanse kan “blom”.

Voor ons groet, loop Lynelle kaalvoet na buite en kyk op na die wolke. Toe die son op haar gesig val, maak sy vir ’n oomblik haar oë toe. Sy gee ’n diep asemteug, glimlag en sê: “Ek leef net onder genade – ek kan dit nou sien.” 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.