Dit is wanneer die borrelende Lisa van Rooyen dit sing voor haar komiese video’s met kommentaar op elke episode.

Lisa het bekend geword vir haar kennis en kommentaar oor elke boer wat aan die program deelneem en nou spog sy met haar eie liefdesverhaal.

“Sy naam is Rudolph van Niekerk. Met ’n ph,” vertel sy trots.

Lisa met die rooi hare
Lisa en Rudolph in Gonubie. Foto: Verskaf

“Ons het mekaar op Valentynsdag by ’n kuier in Potch ontmoet. Ons was albei enkellopend en het toevallig ontmoet.

"Ons het so half kontak verloor met lockdown, maar weer oor die internet begin gesels. Hy was op Gonubie in Oos-Londen en ek in Potch, en ons het een aand besluit om op ’n Zoom-date te gaan. 

“Ons het elkeen dieselfde bottel wyn gekoop sodat dit voel of ons bymekaar sit. Ons het 19:00 die aand begin en 02:00 die oggend het ons besef ons het heeltemal tred met die tyd verloor.

“Dit was nogal lekker, want daar was geen distractions nie, en dit is letterlik net julle twee wat heeltyd sit en gesels. Toe die regulasies verslap, het hy teruggekom Potch toe. Hy sê dit was vir my, maar ek dink hy het sy vriende gemis,” sê sy met ’n glimlag.

“Ons spot en sê ons is mekaar se legkaartstukkies. Toe ons begin chat, het ons besef hoe baie ons gemeen het. Ons het presies dieselfde humorsin. 

"Sy familie is vir hom baie belangrik, familie is vir my baie belangrik en hy vang al my grappies.” 

Lisa sê Rudolph aanvaar haar nes sy is.

“Ek hoef nie te probeer voorgee nie, want hy like my nes ek is.”

Sy sê al is sy dol oor Boer soek ’n vrou is sy bly hy is nie ’n boer nie. “Ek dink nie ek sal regtig op ’n plaas aard nie.”

Rudolph het ’n diploma in wildbewaring en is tans besig om toerisme te studeer. Hulle maak albei aan die einde van die jaar met hul studie klaar, maar hulle is nog nie seker waarheen die pad hulle sal neem nie. 

“Dit het alles baie vinnig gebeur, maar as jy weet, dan weet jy”

Lisa sê sy sien baie uit na die nuwe reeks van Boer soek ’n vrou, al moet sy saam met die res van die land tot volgende jaar wag.

“Dit gaan so lekker wees met Marciel (Hopkins) as die nuwe aanbieder en al die nuwe boere. Ek is verskriklik opgewonde.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe