Madame Tussauds skuif Harry en Meghan en woede teenoor Sussexe kring uit

akkreditasie
As daar al ooit ’n teken was dat prins Harry en sy vrou, Meghan, nie gaan terugkeer na die binnekring van die Britse koninklike familie nie, het Madame Tussauds dit pas amptelik gemaak.
Die hertog en hertogin van Sussex, oftwel prins ha
Die hertog en hertogin van Sussex, oftwel prins harry en Meghan Markle, laat steeds die wenkbroue lig met hul voortslepende aanvalle op die monargie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die bekende wasmuseum in Londen het onlangs besluit om die omstrede egpaar se wasbeelde uit die Britse koninklike familie gebied tot in die Hollywood-area te skuif. En net soos in die regte lewe het die wasbeelde die figure van koningin Elizabeth, wyle prins Philip, prins William en sy vrou, Catherine, en prins Charles en sy vrou, Camilla, agtergelaat.

Die museum het in ’n mediaverklaring gesê die skuif weerspieël Harry (36) en Meghan (39) se “besluit om Frogmore Cottage vir Hollywood te verruil” en bygevoeg die skuif dui op hul “progressiewe nuwe rol binne die koninklike instelling”.

Wel, “binne die koninklike instelling” is dalk ietwat van ’n oordrywing ná Harry se tweede skokkende aanval op sy familie.

Die wasbeelde van Harry en Meghan by Madame Tussau
Die wasbeelde van Harry en Meghan by Madame Tussauds buite die Windsor-kasteel voor hul troue in 2018. Foto: Gallo Images/Getty Images

Paleisbronne het die prins se “skandelike” aanval in ’n podcast veroordeel waar hy sy pa, prins Charles – en dus ook die koningin en prins Philip – se ouerskapvaardighede gekritiseer het. 

Harry het met die Amerikaanse akteur en podcaster Dax Shepard oor geestesgesondheid gesels en gepraat van “die kringloop van genetiese pyn verbreek”.

“Hy het my behandel soos hy behandel was,” het hy oor Charles gesê. “Daar is baie genetiese pyn en lyding wat oorgedra word. Gaan die lewe nie daaroor om die kringloop te verbreek nie? Daar is geen blaam nie.

“Maar wat ouerskap betref, as ek pyn of lyding ervaar as gevolg van pyn of lyding wat my pa of my ouers dalk onder gely het, gaan ek seker maak ek breek daardie kringloop sodat ek dit nie oordra nie.”

Harry en Meghan se tweede kind, ’n dogtertjie, word binnekort gebore. Hul seun, Archie, het vroeër die maand twee geword. Die hertog van Sussex se opmerkings het talle koninklike kommentators woedend gelaat.

“Mense is ontsteld dat hy dit aan die koningin doen met die hertog van Edinburgh wat onlangs begrawe is,” sê ’n assistent.

Die koninklike familie se wasbeelde by Madame Tuss
Die koninklike familie se wasbeelde by Madame Tussauds in Londen van links: Prins Philip, koningin Elizabeth, die hertog en hertogin van Cambridge. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Dis skokkend en oneerbiedig om sy oupa hierby te betrek.”

’n Hegte vriend van Charles het aan die Daily Mail gesê: “Harry praat van deernis. Maar waar is sy deernis vir sy pa? Waar is jou deernis vir jou familie wat pas ’n geliefde familielid begrawe het?”

Daar is nou toenemende druk om die hertog en hertogin van Sussex van hul titels te stroop. Dit sal waarskynlik nie gebeur nie, want die titels was ’n trougeskenk van die koningin.

“Hul titels is duidelik hul grootste verkoopspunt hier (in Amerika),” het ’n vervaardiger in Hollywood gesê. “Daarsonder is hulle net glansmense soos George Clooney. Hul aanloklikheid is gegrond op die bekoring van daardie titels.”

Amerika het verlede jaar vir Harry en Meghan met ope arms verwelkom – maar sommige burgers was ietwat geïrriteerd met die prins nadat hy gesê het hul eerste amendement is “stapelgek”.

Prins Harry gaan voort om sy familie te kritiseer,
Prins Harry gaan voort om sy familie te kritiseer, veral sy pa, prins Charles, wat vroeër vandeesweek saam met die koningin gekiek is om haar nuwe boomplantprojek genaamd Green Canopy bekend te stel ter viering van haar 70-jaar platinumjubileum volgende jaar. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Ek wil my nie begin uitlaat oor die eerste amendement nie, want dis ’n groot onderwerp en een wat ek nie verstaan nie, want ek is nog net ’n kort rukkie hier,” het hy gesê. 

“Maar jy kan ’n swakplek in enigiets vind. Jy kan dit wat nie gesê word nie uitbuit eerder as om te handhaaf wat gesê word.”

Die eerste amendement is die reg tot vryheid van spraak in Amerika en een van die belangrikste pilare in sy grondwet. Dit beskerm ook vryheid van godsdiens, die media, die reg om te vergader en die reg om die regering te petisioneer.

Talle konserwatiewe Amerikaners meen hy moet die land verlaat as hy nie met die grondwet saamstem nie. “Moenie dat die deurknop jou tref nie, Windsor,” het Laura Ingraham, ’n aanbieder van Fox News, getwiet.

Haar mede-aanbieder Jimmy Failla het geskryf: “Dis omdat sy vrou elke woord moet goedkeur wat uit sy mond kom.”

Candace Owens, ’n aktivis en stigter van ’n aantal regse organisasies het laat hoor: “Sondag-raaisel: Hoeveel Hollywood-styl onderhoude gaan prins Harry en Meghan toestaan voor hulle eindelik die privaatheid kry wat hulle glo so desperaat soek?”

BRONNE: USMAGAZINE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, METRO.CO.UK, SKYNEWS.CO.UK

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees