Die Britse media het gisteraand berig Mohammed Jibra-Eel Saleh het omtrent die paleis op hol gehad het met talle e-posse wat hy aan prins Andrew en Britse amptenare gestuur het.

Hy het gedreig dat daar ’n ontploffing by Windsor-kasteel tydens die troue sal wees. Dié e-posse was glo bedoel vir koningin Elizabeth II se man, prins Philip, in plaas van prins Andrew. 

Saleh (37) is verlede maand skuldig bevind aan drie aanklagte van kwaadwillige kommunikasie met dreigemente aan prins Andrew, koningin Elizabeth se seun, en regeringsamptenare.

Saleh, wat binnekort gevonnis word, is twee dae voor die troue in hegtenis geneem. Hy het die e-posse 12 dae voor die koninklike troue in Mei verlede jaar gestuur. 

Van die boodskappe, wat hy van twee verskillende selfone gestuur het, lui as volg: “You f****g stupid British Royal Family. I am the Muslim Prince of Spain married to the illegitimate daughter of the former King of Spain, Juan Carlos' daughter called Marguerita.

“All you British Royal Family are going to die for having me arrested and tortured in prison in the Netherlands. We're at war, b***h. Your grandson's wedding is going to be a blast."

Daar is bevind Saleh is onbevoeg om te pleit of getuienis te lewer weens sy bedenklike geestesgesondheid.

Hy is vrygelaat op onvoorwaardelike borgtog en wag op vonnisoplegging.

Bronne: Daily Mail, Mirror