HAAR REIS

Mandy se pad na roem het op 14 begin toe ’n FedEx-afleweraar die aspirantsangeres hoor sing het in ’n ateljee in Orlando en haar demo gegee het vir iemand wat hy ken by Epic Records. Sy het toe haar eerste platekontrak losgeslaan.

View this post on Instagram

TOMORROW! @taylordawesgoldsmith and I will be singing some more tunes and answering some questions from home again. 4pm est. ?? by @photobyjennajones

A post shared by Mandy Moore (@mandymooremm) on

“Dit het my lewe verander,” sê die Amerikaner.

Sy’t in die laat 1990’s roem verwerf as tienerpopster toe sy op 15 haar eerste album, So Real, uitgereik het.

Toe kom toneelspeel. Haar eerste hoofrol was in 2002 in die romantiese drama A Walk to Remember.

Vandag vertolk sy die rol van Rebecca Pearson in die gewilde dramareeks This Is Us, wat gaan oor die liefdesverhaal van Rebecca en haar man, Jack (Milo Ventimiglia), en haar stryd as enkelma ná sy tragiese dood.

In die vierde seisoen, wat nou op M-Net is, moet Rebecca nóg ’n stryd aansê: geheueverlies.

Die 35-jarige Mandy speel Rebecca tot op die ouderdom van 85.

View this post on Instagram

The future is here. #ThisIsUs

A post shared by Mandy Moore (@mandymooremm) on

Vir dié transformasie moes sy daagliks drie uur lank in die grimeerstoel sit. En sy beïndruk so dat sy al vir ’n Golden Globe en Emmy benoem is en ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry het.

FAMILIEGEHEIM

Op 23 het sy ’n familiegeheim oopgevlek tydens haar gesin se Kersvakansie in Noord-Carolina.

Sy het skootrekenaars vir haar ouers, Stacy en Donald, gekoop en hul e-posse opgestel toe sy op ’n e-pos afkom wat haar ma begin skryf het vir Mandy en haar broers, Scott en Kyle, wat albei gay is.

“Sy het basies vir ons gesê sy het verlief geraak op ’n vriendin en gaan ons pa los.”

Haar ouers het ná ’n huwelik van 30 jaar geskei.

“Almal is nou baie beter daaraan toe en is saam met mense wat beter by hulle pas.”

VIND HAAR STEM

Mandy het verlede jaar ná ’n onderbreking van 10 jaar ’n enkelsnit, “When I Wasn’t Watching”, uitgereik wat daaroor gaan om haarself weer te vind.

Sy het in ’n onderhoud erken haar loopbaan het stagneer nadat sy sielkundig, emosioneel en seksueel mishandel is tydens haar huwelik van sewe jaar met die sanger Ryan Adams (45). Hulle is in 2015 uitmekaar.

In November 2018 het sy afgehaak met Taylor Goldsmith (34), wat sy in die sosiale media ontmoet het as aanhanger van sy folkrockgroep, Dawes.

Sy is in November 2018 met haar?tweede man, die sa
Sy is in November 2018 met haar?tweede man, die sanger-liedjie­skrywer Taylor Goldsmith, getroud. Foto: Instagram/@mandymooremm

Hy het haar help skryf aan haar nuwe album, Silver Landings – haar eerste in 11 jaar.

“As iemand drie jaar gelede vir my gesê het: ‘Dis jou toekomstige man, en jy gaan hom deur Instagram ontmoet,’ sou ek gedink het hulle is van lotjie getik. Dit wys net jy moet oopkop bly, want jy weet net nooit.” 

Kitsfeite
  • Amanda Leigh Moore (Mandy) het haar stem verleen aan verskeie videospeletjies en was die stem van Rapunzel in die animasiefliek Tangled in 2010.
  • Sy het Kilimandjaro, die hoogste berg in Afrika, in 2018 uitgeklim.
  • Sy’s bevriend met die sanger Josh Groban en het drie katte: Milo, Zoe en Chloe