Hunker na Harry

Foto: Gallo Images/Getty Images

Voor die model Rosie Huntington-Whiteley (30) verloof geraak het aan die aksiester Jason Statham (50), wou sy met prins Harry (33) trou.

Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Hy is so aantreklik,” het sy eenkeer gesê. Jammer, Rosie, dis toe die aktrise Meghan Markle (36) beskore!

Hart vir Hermione

Die akteur Josh Hutcherson (25) is skoon betotteld oor die voormalige Harry Potter-ster Emma Watson (27). “Ek wil haar graag ontmoet. Ek het my bestuurder probeer oortuig om haar te bel.”

Jake & Jen

Foto: Gallo Images/ Getty Images

Soos baie ander mans was die akteur Jake Gyllenhaal (37) al gaande oor die aktrise Jennifer Aniston (48).

“Ek het jare in haar belanggestel. Dit was nie maklik om saam te werk aan The Good Girl nie (hulle het minnaars gespeel).Dit is al wat ek gaan sê.”

Vry na Ford

Foto: Gallo Images/ Getty Images

Voor sy bekendgemaak het sy is biseksueel, het die aktrise Kristen Stewart (27) verklap die akteur Harrison Ford (75) het haar hart vinniger laat klop.

Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Ek was baie verlief op hom,” het sy eenkeer vertel.

Danig met die dame

Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die rapper 50 Cent is erg oor Helen Mirren, wat op 72 ’n volle 30 jaar ouer as hy is.

“Ja, ek dink ek het haar lief, man. Sy weet sy prikkel my. Sy het net daardie iets, jy weet, ek kan dit nie beskryf nie. LOL.”

Behep met Depp

Pink (38) was “baie verleë” toe Jimmy Kimmel reël dat Johnny Depp (54), van wie sy hou, haar op sy program verras. Die sangeres sê sy het al “in ’n platewinkel weggekruip” toe Johnny inkom, maar “my man het my gedwing om hom te ontmoet”.

Diesel, asseblief

En Helen self? Sy is gaande oor die aksieheld Vin Diesel (50). “Hy is net so slim en so snaaks en so koel. Vin, ek is lief vir jou, ek is lief vir jou, Vin!”

Val vir Fallon

Foto: Gallo Images/ Getty Images

Lena Dunham (31) van Girls erken sy het “op ’n manier wat ’n bietjie gek was” obsessief geraak oor die kletsprogramaanbieder Jimmy Fallon (50). Hoe gek? “Ek het ’n verhoogstuk geskryf waarin ek en hy lywe omruil en dan verlief raak.”

Mal oor Madge

Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die skokrocker Marilyn Manson (48) draai nie doekies om oor sy gevoelens vir die koningin van pop (59) nie.

Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Dit moet bekend wees dat ek steeds verlief is op Madonna en ek sal beslis met haar seks hê.”

Verlief op Ferrell

Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die Oscar-wenner Meryl Streep vertel sy het nog altyd ’n ding gehad vir die komediant Will Ferrell (50).

Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Ek was smoorverlief op hom. Ek hou van hom in elke fliek wat hy maak,” het die aktrise (68) al gekoer.

Jim is haar ou

Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die sangeres Ariana Grande (24) het al gesê die akteur Jim Carrey (55) sal haar altyd vlinders in die maag gee.

“Ek is mal oor hom.” Sy het trane gestort toe sy die ster ontmoet: “Hy’s volmaak, nes ek gehoop het hy sou wees.”