Nou breek die sangeres, wat op 16 Augustus haar 60ste verjaardag vier, weer die internet met haar retro-mode. Tog is dit nie Madonna self wat die koppe laat draai nie, maar ’n hond genaamd Maxdonna.

Maxdonna is die sesjarige hond van die Paryse modefotograaf Vincent Flouret wat hy mooimaak en aantrek soos Madonna se ikoniese style van toeka se tyd. 

Madonna en Maxdonna op die Ray of Light-album. Foto's: max_et_vincent/Instagram/Warner Bros
Madonna en Maxdonna op die Ray of Light-album. Foto's: max_et_vincent/Instagram/Warner Bros

Vincent sê hy is ’n groot aanhanger van Madonna en haar musiek en wil deur middel van die foto-uitstalling sy liefde vir die sangeres wys. 

Hy het self die uitrustings vir Max, wat hy sy beste pel noem, gemaak.

Madonna en Maxdonna op die Like a Virgin-album. max_et_vincent/Instagram/Warner Bros. Records
Madonna en Maxdonna op die Like a Virgin-album. max_et_vincent/Instagram/Warner Bros. Records

Die foto’s beeld sekere ikoniese oomblikke van Madonna op haar albums en in musiekvideo's uit. Madonna het selfs een van die foto's waar Max soos Madonna op Like a Virgin se albumkuns poseer op haar Instagram-profiel gedeel.

Die uitstalling is te sien in die L'Agence Arlesienne in Arles, Frankryk. 

Madonna en Maxdonna in die Material Girl-musiekvideo. Foto: max_et_vincent/Instagram/Warner Bros. Records
Madonna en Maxdonna in die Material Girl-musiekvideo. Foto: max_et_vincent/Instagram/Warner Bros. Records

Ekstra bronne: Daily Mail, Metro