Shaleen Surtie-Richards as Nenna in Egoli. Foto: G
Shaleen Surtie-Richards as Nenna in Egoli. Foto: Gallo Images/Dawid Roux

Op Maandag is die land hard getref deur die nuus van die dood van die ikoniese aktrise Shaleen Surtie-Richards. Sy was 66. 

Die veteraanaktrise was bekend vir haar rol in die 1988-fliek Fiela se kind , asook in die M-Net-sepie Egoli: Plek van Goud, en ’n verskeidenheid ander teater- en televisierolle. 

Haar hegte vriend en kollega, die komediant Marc Lottering, bring hulde aan sy geliefde vriendin van 33 jaar.

Marc se huldeblyk:

Shaleen het ’n sin vir humor soos min gehad. Die enigste ding wat sy meer geniet het as ’n lekker lagsessie, was fantastiese wimpers. 

Ek het Shaleen in 1990 ontmoet. Ek was ’n plekaanwyser by die Baxter-teater (in Kaapstad) en sy was toe reeds ’n bekende naam en het op daardie stadium in Juno and the Paycock gespeel. Die hysbakdeur het oopgegaan en daar het sy gestaan met ’n groot glimlag, so skitterend soos altyd. 

Ek het gevries in my plekaanwyser-uniform – ’n wit hemp, swart broek, swart das en ‘n naamplaatjie wat “staff” gesê het. Shaleen het my laat lewe kry met ’n: “Hallo, klim in!” Ek het gehoorsaam. Dit was een vloer vanaf die hooffoyer tot by die vlak in Main Road. Ek sou nooit weer daardie oomblik beleef nie.

En toe gryp ek die seldsame geleentheid aan. Ek het ’n handboek by my gehad. Ek was in my tweede jaar by die Universiteit van Kaapstad. Ek moes vir haar handtekening gevra het, want ek het gehoor sy vra my naam terwyl sy ’n pen uitgehaal en geskryf het: “Aan Marc, met liefde, Shaleen Surtie-Richards.”  

Maar daar was sy. Stralend en trots, wagtend op my ná elke optrede, in die rookarea, natuurlik. En dan was daar nooit genoeg tyd terwyl ons grappe en die sappigste skinderbrokkies uitruil nie.

In die jare wat gevolg het, was Shaleen altyd stomgeslaan wanneer ek die storie weer vertel het. En ek het dit baie vertel. Ek sal nooit oor die feit kom dat Shaleen altyd kaartjies gekoop en my komedievertonings kom kyk het wanneer ek in Johannesburg opgetree het nie. 

Ek het dit verpes dat sy my altyd vooraf laat weet het sy kom. Want dit sou my só senuweeagtig maak. Maar daar was sy. Stralend en trots, wagtend op my ná elke optrede, in die rookarea, natuurlik. En dan was daar nooit genoeg tyd terwyl ons grappe en die sappigste skinderbrokkies uitruil nie. 

In 2005 was ons die eerstes wat rolle gekry het in Janice Honeyman se Cinderella by die destydse Joburg Theatre. Dit was my eerste pantomime-ervaring en by verre my beste pantomime-ervaring. Shaleen het die vurige Fairy Godmother gespeel. Ek en David Dennis was die lelike susters. Bianca le Grange was die mooie Cinderella. 

Shaleen het maklik die kollig gesteel. Sonder om eens te probeer. Net deur ‘n towerstaf vanaf die Kaapse Vlakte te swaai en “Ka Chaa!” te skree. Een vertoning het oortyd geduur, omdat een van die regte ponies te opgewonde geraak het toe hy die Fairy Godmother sien. Ek sou die storie nooit geglo het as iemand dit vir my moes vertel het nie. Maar ja, ek was daar.

Min aktrises kan vertel van so ’n staande applous. Shaleen het natuurlik gelag tot die hele toneelgeselskap gelag het dat die trane rol. 

Ek was gelukkig genoeg om verskeie kere na haar huis genooi te word. Sy was uiters privaat. ’n Reuse TV in die kamer en ’n lekker pot kerrie op die stoof. Minireekse en kasjoeneute. Die soort goed waaruit drome bestaan. Ek grap nie. 

Om saam met Shaleen winkels toe te gaan, was ’n surrealistiese ervaring. Elke man en sy hond het geglo Shaleen is ’n nabye familielid. 

En sy het dit hanteer met die gemak van ’n beroepsaktrise. Ek het al een of twee keer ervaar hoe sy ’n voorbarige aanhanger op sy plek sit met ’n: “Wag net so ’n bietjie – jy kan sien ek gesels”.

Talle Suid-Afrikaners het die eerste keer daardie ongelooflike gravitas ervaar toe Shaleen die rol van Fiela in die grensverskuiwende Fiela se Kind gespeel het. Selfs wanneer ek dit vandag kyk, is ek verstom met hoe ’n aktrise ’n rol tot so ’n mate kan inneem dat elke liewe emosie van begin tot einde jou tref. ’n Onpretensieuse meestersklas.

En dit was gewoonlik beantwoord met ’n mompelende: “Jammer auntie.” En dit was nie noodwendig ’n antwoord wat goed afgegaan het nie. As Shaleen nie in ’n goeie bui was nie, sou sy terugkap met: “Maar jy is jare ouer as ek – hoekom noem jy my auntie?!”

Shaleen wou dit vermy om net een soort rol te vertolk. Sy wou nie net beskou word as almal se auntie nie – almal se Nenna (die uiters beroemde en geliefde karakter in Egoli) nie. Maar sy het geweet dat sy nooit daarvan kan wegkom nie. Ongeag hoe uiteenlopend haar rolle daarna was, sy sou vir talle altyd Nenna wees. Ek glo dit getuig van haar briljantheid. Sy het daardie gravitas gehad wat jy nie vir iemand kan aanleer nie. 

Talle Suid-Afrikaners het die eerste keer daardie ongelooflike gravitas ervaar toe Shaleen die rol van Fiela in die grensverskuiwende Fiela se Kind gespeel het. Selfs wanneer ek dit vandag kyk, is ek verstom met hoe ’n aktrise ’n rol tot so ’n mate kan inneem dat elke liewe emosie van begin tot einde jou tref. ’n Onpretensieuse meestersklas. Sy het jare later vir my vertel hoe sommige bruin akteurs op haar neergekyk het omdat sy die rol van ’n “bruin bediende” gespeel het. 

Sy het gesê sy was vasbeslote om seker te maak almal onthou “daai bruin bediende” vir die res van hul lewens. En hier skryf ons 33 jaar later nog daaroor. 

Ons het in 2013 weer saam rolle gekry in Lara Foot se verwerking van Scrooge. Ek sal altyd onthou wat elke liewe aand in daardie teater gebeur het wanneer Shaleen op die verhoog gestap het.

Jy het iets seldsaam aangevoel. ’n Respek. Ontsag. Vir ’n ikoon. Aand ná aand. 

My laaste gesprek met my beroemde vriendin was op haar verjaardag vanjaar op 7 Mei. Genade, sy het grappies en snaakse stories in oorvloed gehad. Dis hoe die gesprekke gewoonlik verloop het. En ja, sy het gesê sy is moeg van nog steeds moes woeker om werk te kry op hierdie stadium van haar lewe. En dan het nog ’n snaakse storie gevolg. Totdat ons gelag het asof ons pas die snaaksste fliek in die wêreld gekyk het. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe