Die gevoel van eenheid en nasiebou wat hierdie en ander helde van die 1995-vertoonstuk onder Suid-Afrikaners ingelui het, is 'n ideaal wat Maria Williams en haar gesin koester. 

Sy en ander oorlede Bokhelde se gesinslede was aangespoor om saam te kom om hul geliefdes tydens 'n kitsskare-geleentheid in The Mall of Africa in Johannesburg te vereer. 

Benewens Maria en haar tweeling, Matthew en Chloe, wat die geleentheid bygewoon het, was ander familielede van oorlede Bok-legendes, insluitend James Small se kinders, Caleb en Ruby, en Ruben Kruger se vrou, Liza, ook teenwoordig. 

Die gesinslede het elkeen 'n groen T-hemp gedra met die vier legendes se name in goudgeel daarop geskryf, terwyl die Ndlovu-jeugkoor die publiek met tradisionele musiek en dans vermaak het.  

Hierdie blitsoptrede is in samewerking met Woolworths aangebied en is deur oud-Bokkaptein Victor Matfield en die beseerde Bokstut Trevor Nyakane ondersteun.

“Niks verenig ons pragtige land soos musiek en sport nie,” vertel Maria aan Huisgenoot

Maria Williams is steeds verslae oor die skie­like
Maria Williams is steeds verslae oor die skie­like dood van haar man, die rugbyheld Chester. Foto: Corrie Hansen

“Dit was vir my en die kinders baie emosioneel.”

Dié oomblik, net 'n maand ná hul pa se dood, het veral vir Matthew oorweldig wat hospitaal toe moes gaan vir behandeling.

Van links is die Williamse se tweeling, Chloe en
Van links is die Williamse se tweeling, Chloe en Matthew, Ryan Robson (Maria se seun uit ’n vorige huwelik) en Maria. Foto: Corrie Hansen

Nietemin is Maria bly dat sy en haar gesin deel kon wees van hierdie spesiale geleentheid.

Terwyl die hartseer nog vlak vir die Williams-gesin lê, staan hulle en die res van die “Bok-familie” bankvas agter ons manne in Groen-en-Goud.

“Ek vertrou dat hulle van krag-tot-krag sal gaan en dat hulle die trofee huis toe sal bring,” laat sy hoor.  

Kom neem deel aan die gesprek
 Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.