STRANGER THINGS 

Maya Hawke, die 21-jarige dogter van die Hollywood-akteurs Uma Thurman (49) en Ethan Hawke (48), is te sien as die nuweling Robin in die derde seisoen van die Netflix-­trefferreeks Stranger Things. 

Robin, wat saam met Steve (Joe Keery) in die roomyswinkel Scoops Ahoy werk, is dié reeks se eerste gay karakter.

View this post on Instagram

One summer can change everything.

A post shared by Maya Ray (@maya_hawke) on

BEKENDE OUERS 

Maya se ouers, Uma en Ethan, het mekaar in 1997 op die stel van die dramafliek Gattaca ontmoet. 

Hulle het ’n jaar later afgehaak en was sewe jaar getroud voor hul huweliksbootjie op die rotse beland het. Maya was toe net vyf. 

Uma en Ethan het ook ’n seun, Levon (17).

DEURBRAAK  

Maya het op 17 haar akteursdebuut gemaak as Jo March in die BBC-reeks Little Women. 

Sy maak ook vanjaar haar silwerdoekdebuut in die fliek Once upon a Time in Hollywood, waarin sy teenoor groot name in die bedryf soos Brad Pitt en Leonardo DiCaprio speel. 

View this post on Instagram

@thelovemagazine

A post shared by Maya Ray (@maya_hawke) on

MODEL 

Maya het nes haar beroemde ma, Uma, eers as ’n model naam gemaak. 

Op 18 was sy die gesig van die Britse klerehandelsnaam All Saints, en sy het al modelwerk vir die modehuis Calvin Klein gedoen en op die blaaie van die mode­bybel Vogue gepryk. 

Sy het die redakteur van dié tydskrif, Anna Wintour, so beïndruk dat sy verlede jaar ’n uitnodiging na die sterbelaaide Metgala ontvang het.

DISLEKSIE  

Disleksie is as kind by Maya gediagnoseer, maar sy is glad nie skaam om daaroor te praat nie. 

Terwyl dit ander akteurs drie tot vier dae neem om hul manuskrip vir ’n oudisie te lees, neem dit haar ’n hele week, bieg sy. 

“Om al die leeswerk te doen is beslis ’n uitdaging.”

Bronne: cosmopolitan.com, marieclaire.com, popbuzz.com, firstclasse.com
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.