Die 34-jarige aktrise het kommentaar gelewer op die akteur se Instagramfoto’s waarop hy Halloween saam met hul kinders, insluitend hul jongste seun, Journey (4), geniet. Die paartjie het nog twee seuns, Noah Shannon (8) en Bodhi Ransom (6).

Megan het Brian uitgetrap omdat hy Journey nie uit die foto gesny het nie. “Hoekom moet Journey op hierdie foto wees?” skryf die Transformers-ster. 

“Dis nie moeilik om hulle uit te sny of foto’s te kies waarop hulle nie is nie. Ek het gister ’n wonderlike Halloween saam met hulle gehad en kyk net hoe afwesig is hulle in my sosiale media. 

“Ek weet jy het jou kinders lief. Maar ek weet nie hoekom jy nie kan ophou om hulle deur Instagram te gebruik nie.  

View this post on Instagram

super cool car photo shoot

A post shared by Megan Fox (@meganfox) on

"Jy is so meegevoer daarmee om die stories aan te vuur dat ek ’n afwesige ma en jy die ewige toegewyde pa van die jaar is. Jy is vir die helfte van die tyd saam met hulle. Geluk, jy is werklik ’n merkwaardige mens! 

“Hoekom het jy die internet nodig om dit vir jou te bevestig wat so duidelik is in die manier hoe jou kinders jou liefhet?” skryf Megan.

Brian (47) van Beverly Hills 90210-faam het nie gebyt nie en die betrokke foto verwyder. Hy het dit toe weer gedeel, en dié keer het dit aan Megan se vereistes voldoen.

Hy het by die nuwe foto geskryf: “Hoop julle almal het ’n lekker Halloween gehad!” asof niks gebeur het nie.

View this post on Instagram

Hope you all had a happy Halloween!!!

A post shared by Brian Austin Green (@brianaustingreen) on

Talle aanhangers het gevoel hy moes nie die foto verwyder of gesny het nie omdat hy niks verkeerd gedoen het nie. Een het daarop gewys dat Megan “halfkaal foto’s” in haar sosiale media deel.

Verskeie ander het haar daarvan beskuldig dat sy haar eks boelie. Maar Brian se optrede wys duidelik dat hy haar respekteer.

Megan en Brian is in 2010 getroud, maar hul paadjies het vroeër vanjaar geskei. Die nuus het gekom nadat die aktrise saam met die rapper Machine Gun Kelly (30), haar medester in die eersdaagse rillerfliek Midnight in the Switchgrass, gewaar is.


Bronne: People, Daily Mail, Complex, E! 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe