Die 39-jarige hertogin het onlangs haar eerste boek, The Bench, oor die spesiale band tussen pa’s en seuns, geskryf.

Die boek is geïnspireer deur haar man en hul seun. Die illustrasies is deur die bekroonde kunstenaar Christian Robinson gedoen en Meghan is die stem van dié boek se oudioweergawe.

Meghan se eerste boek, 'The Bench'. Foto: Ran
Meghan se eerste boek, 'The Bench'. Foto: Random House.

Bronne na aan Meghan sê dit is die eerste van vele boeke wat sy in die toekoms wil skryf, sou dié een ’n sukses wees.

“Meghan hou van skryf en is baie goed daarmee,” het ’n bron gesê. 

View this post on Instagram

A post shared by Oprah Daily (@oprahdaily)

The Bench het begin as ’n gedig wat ek op Vadersdag vir my man geskryf het die maand nadat Archie gebore is,” het Meghan in ’n verklaring gesê. 

“Daardie gedig het hierdie verhaal geword. Christian se pragtige en eteriese waterverf-illustrasies vang die warmte, vreugde en vertroosting van die verhouding tussen vaders en seuns uit alle vlakke van die samelewing vas; hierdie voorstelling was vir my besonder belangrik, en ek en Christian het nou saamgewerk om hierdie spesiale band deur ’n inklusiewe lens uit te beeld. 

“My hoop is dat The Bench aanklank vind by elke gesin, ongeag die samestelling, net soveel soos by myne,” sê Meghan, wie swanger is met hul tweede kind.

Bronne: vogue.com, Vanity Fair, HarpersBazaar

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe