Hier is agt kere dat Meghan die protokol verbreek het

Kersvakansie

Sy het die Kersvakansie saam met prins Harry en die koninklike familie deurgebring net ’n maand nadat die twee hul verlowing verlede jaar bekendgemaak het, al skryf koninklike protokol voor dat net eggenote van koninklikes die koningin se vierings mag bywoon.

Daai sykouse

Volgens die koninklike kenner Victoria Arbiter is bleek kouse ’n moet vir lede van die koninklike familie, maar Meghan het die protokol verbreek toe sy skynbaar hoëhakbandjieskoene sonder enige kouse tydens die aankondiging van haar verlowing aan prins Harry gedra het.

Skouersak of handsak?

In Julie het Meghan ’n skouersak gedra terwyl sy op ’n reis na Edinburg, Skotland, was.

Al is daar geen vaste reëls oor die soort handsak wat koninklikes mag dra of nie, kies hulle gewoonlik ’n palmtas om te probeer vermy dat hulle aan aanhangers raak terwyl hulle hulle groet.

'Begrafnisklere'

Meghan en Harry het albei die protokol verbreek toe hulle in swart klere van kop tot tone saam in die openbaar verskyn.

Dit word oor die algemeen ontmoedig, want dit word gewoonlik vir begrafnisse en ander somber geleenthede gehou.

Nog 'n taboe

Koninklikes word om sekuriteitsredes ontmoedig om handtekeninge uit te deel, maar Meghan het die reël verbreek deur vroeër vanjaar op ’n reis na Cardiff, Wallis, vir aanhangers handtekeninge uit te deel.

Drukkies en soentjies

Al bestaan geen amptelike reël wat openbare liefdesbetoon beperk nie, weerhou koninklikes hulle gewoonlik daarvan om te liefderik te wees.

Maar dit lyk of Meghan en Harry die openlikste egpaar in die koninklike familie is wat dit betref.

Hallo, bolla!

Meghan het ’n minder konvensionele voorkoms gekies toe sy haar hare in ’n informele los bolla dra.

Koninklikes soos hertogin Kate dra gewoonlik hul hare in ’n netjies opgekamde styl wat deur haarnette in plek gehou word wanneer hulle nie glad drooggeblaasde hare het nie.

Kyk, maar moenie vat nie

Meghan het haar aanhangers op meer as een geleentheid omhels, wat om sekuriteitsredes gewoonlik taboe is.

Bronne: Insider.comE Online, Refinery29